Vrou glo by Dieretuinmeer verkrag

Die Johannesburgse Dieretuinmeer

Die Johannesburgse Dieretuinmeer

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is waar hy ʼn 65-jarige vrou verkrag het by die Johannesburgse Dieretuinmeer.

Sers. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn werknemer van die Dieretuinmeer het glo Vrydagmiddag ʼn vrou hoor skree waarna sy en ʼn kollega gaan ondersoek instel het.

Volgens Ramovha het hulle glo gesien hoe die man die bejaarde vrou verkrag waarna hulle om hulp geskree het. Verbygangers het hulle te hulp gesnel en die verdagte aangekeer.

Die polisie in Parkview is na die toneel ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

B ·

Ek hoop die mense wat hom aangekeer het het om eers opgefoeter!

Drieks ·

Wie het die begeerte om mense wat stap te verkrag.
Kom van voor 1652……

Daniel ·

MISKIEN WAS HY ‘N INWONER VAN DIE DIERETUIN, DAE IN ‘N HOK MAAK ‘N OU LUS HEHE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.