Vrou glo by myn verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is glo by ʼn myn van Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg verkrag, het die vakbond NUM Dinsdag gesê.

“Daar word beweer dat die vrou in ʼn aantrekkamer by die mynverkrag is,” het Sydwell Dokolwana, NUM se streeksekretaris in Rustenburg, gesê. Volgens Dokolwana is die vrou Sondag by die Thembelani-myn verkrag.

“’n Verdagte het glo die aantrekkamer met ʼn skroewedraaier binnegekom. Hy het die vrou beveel om haar klere uit te trek en gedreig om haar dood te maak indien sy nie gehoor gee nie.”

Die polisie in Noordwes het bevestig ʼn klag van verkragting word ondersoek en dat ʼn 28-jarige man in hegtenis geneem is. “Veiligheidsbeamptes kon daarin slaag om die verdagte voor te keer en het die polisie ontbied.” Hy sal na verwagting Dinsdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Volgens Dokolwana is daar aan hulle gesê dat die man nie ʼn werknemer van Amplats is nie, en wil hulle weet hoe die man toegang tot die myn se perseel verkry het.

Mpumi Sithole, woordvoerder van Amplats, het gesê die verdagte het glo ook nog ʼn vrou probeer leed aandoen. Volgens Sithole ontvang die vrou wat glo verkrag is sowel as die ander vrou albei traumaberading.

Chris Griffiths, uitvoerende hoof van Amplats, het gesê die maatskappy veroordeel enige vorm van geweld teen vroue. “Ons is baie hartseer oor die gewelddadige kriminele daad en veroordeel dit ten sterkste. Die veiligheid van ons werknemers is ons nommer een prioriteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ladybug ·

wat soek ‘n vrou op ‘n myn waar daar soveel mans is? Dis moeilikheid soek!

Janine N ·

Jy grap seker? Tsk. Dis nou net soos wanneer vrouens die skuld kry vir verkragting agv hul kleredrag. Nou mag mens ook nie eens meer by sekere plekke werk nie. Bid jou dit aan!

Eduard ·

As jy se n vrou se kleredrag lok dit uit se ek vir jou jou gesig lok n vet klap uit. n vrou kan mos gaan waar sy wil sonder om verkrag te word!

Janine N ·

Eduard, ek hoop werklik jy het nie met MY gepraat nie. Want dan beteken dit duidelik jy is ongeskoold of pleinweg vertraag. LEES my kommentaar MOOI deur en verstaan WAT ek aan ladybug gesê het!!! EK het gesê: ‘Dis nou net soos wanneer vrouens die skuld kry vir verkragting agv hul kleredrag. Nou mag mens ook nie eens meer by sekere plekke werk nie’ VERSTAAN jy Afrikaans behoorlik of sukkel jy? Jy is nogtans meer as welkom om daai klap te kom probeer gee!!!!

Eliza-beth ·

Geweld van enige aard teenoor voruens en kinders moet end kry. Wat gaan aan in hierdie land – dis oor die straf vir sulke misdaad nie erg genoeg is nie. Hoekom MAG vrouens nie beweeg waar hul wil, aantrek soos hul wil of alleen na kroeë ens gaan nie, dit beteken nie noodwendig sy SOEK moeilikheid nie my maggies. Dit was dalk ‘n kortpad na haar huis of iets, nou word sy eenvoudig verkrag. Dis nonsens dat as ‘n meisie/vrou ‘n drankie wil gaan drink dat sy noodwendig ‘n tert is. Dat as sy ‘n mini of watookal dra sy noodwendig uitlokkend is. Dat sy nie vryheid van beweging mag hê want dan moet sy gevolge dra. Ja, ek sal self nie enige plek enige tyd loop nie, want dis juis oor sulke tipe sienings en dis eintlik absolute nonsens dat sulke dinge kan gebeur NET omdat jy as vrou êrens is waar ander dink jy nie behoort te wees nie. Dit beteken nie dan dan enige misbaksel die reg het om so ‘n vrou aan te rand/verkrag/vermoor nie.Totaal onregverdig.

zahn ·

As ‘n man kan ek net dit sê: ‘n Ware man verkrag nie. Jy is ‘n misbaksel wat skeef grootgeword het met ‘n verwronge verwysingsraamwerk wat nie in die samelewing hoort nie. Ek besef hierdie slapgat regering van ons sal om ooglopende redes nooit die doodstraf terugbring nie, maar ek wens hulle wil sulke misbaksels uitlewer aan die gemeenskap. Die hele verkragtings storie sal regtig baie gou verdwyn. En o ja, ek gee nou wragtie nie om watter velkleur die vrou is nie, sy verdien beter behandeling as verkragting.

Eliza-beth ·

Dankie zahn – jy is 100% reg. Maak nie saak wie of watter kleur jy is nie, geen vrou behoort ooit verkrag te word vir watter skewe rede die oortreder nou ookal in sy vrot brein as verskoning mag hê nie. Almal verdien respek en vryheid om te gaan waar hul wil – dit geld vir mans, vrouens en kinders, want dit gebeur wel dat jong seuns of mans asook kinders verkrag word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.