Vrou glo by polisiestasie aangerand, aangehou ná kapingspoging

Die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion. (Foto: Skermskoot/Google Maps)

Anja Pentz is na bewering verlede maand deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion aangerand en ure lank opgesluit nadat sy ’n kapingspoging by dié polisiestasie wou aanmeld.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan Pentz tans by rakende die voorval op 28 April 2021.

Volgens adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die privaatvervolgingseenheid, het die polisiebeamptes Pentz van openbare dronkenskap aangekla en toegesluit toe sy foto’s van hulle probeer neem het waar hulle versuim om haar met die aanmelding van ’n misdaad te help.

“Die eenheid het vertoë aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig, wat reeds aangedui het dat die saak teen Pentz nie op die rol geplaas sal word nie.”

’n Onbekende voertuig het Pentz se motor glo op die betrokke aand van die hoofweg probeer druk.

“Sy was alleen en daarvan oortuig dat die insittendes van die ander voertuig haar motor wou kaap. Sy het na die Wierdabrug-polisiestasie gery. Hoewel die onbekende motor haar tot by die polisiestasie gevolg het, het dit toe verdwyn.”

Ses polisiebeamptes het op stoele teen die muur gesit en geen poging aangewend om Pentz te help nie, voer Vorster aan.

“Hulle het ook haar versoeke om hulp geïgnoreer. Nadat sy egter haar selfoon uitgehaal het om foto’s hiervan te neem, het een van die polisiebeamptes opgestaan en haar in kru taal gevra waarmee sy besig was. Hy het Pentz agter die nek gegryp en ingelig dat sy vir openbare dronkenskap in hegtenis geneem word.”

Pentz is tot 03:45 die volgende oggend in die aanhoudingselle toegesluit. Sy het daarna ’n kennisgewing ontvang dat sy op 13 Mei op dié aanklag in die hof moet verskyn, ten spyte daarvan dat sy op die betrokke dag geen alkohol ingeneem het nie en die polisiebeamptes geweier het om haar alkoholvlak te toets.

Volgens Vorster sal die eenheid ook vir Pentz ondersteun met die klagte wat sy reeds teen die polisiebeamptes ingedien het. Dit sluit in aanranding, diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging. Die diefstalklag hou verband met geld wat glo uit haar beursie gesteel is terwyl die saak van kwaadwillige saakbeskadiging verband hou met haar selfoon wat beskadig is.

“Ons is met afgryse vervul oor die optrede en magsmisbruik van dié polisiebeamptes, wat skynbaar ’n klag teen ’n onskuldige vrou versin het en haar sonder rede ure lank opgesluit en met minagting behandel het. Dít terwyl sy haar tot die polisie vir beskerming gewend het,” het Vorster gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Chris dupreez ·

Alweer Wierdabrug polisie in die nuus. Tog word geen stappe geneem, n arrogante spul

SomeOne ·

dan is dit maar beter so as daar dan nie ‘n polisie “mag” is nie

koos10 ·

Elize, ek hoop nie jy is ernstig met jou antwoord nie, en dat dit as ‘n grappie bedoel is.

Misky ·

Hoekom verbaas sulke stories mens nie eens meer nie en dis net asof dit daagliks toeneem. Daagvaar sewe soorte hel uit hulle, maar in persoonlike hoedanigheid en ons land kan nie meer pa staan vir die kriminele in blou nie

Anoniem ·

Ek sê weer, die polisie is nie meer ons vriende in Blou nie, maar ons vyande.

Nie Verbaas ·

Net nog n bewys van die staat van verval en korrupsie in ons land. ANC julle is seker baie trots op die tipe van gedrag.

Piet Snot ·

Polisierassiste.
Haai Ma, ek het ‘n nuwe woord opgemaak!

Stephanus ·

Glo nie dat daar veralgemeen moet word nie. Daar is egter iets drasties fout by Wierdabrug polisiestasie. Daar was ook al op vorige geleenthede oor van hulle beamptes gekla. Na my beste wete was dit van hulle wat die pa, wat tydens die inperking, melk vir sy kind wou gaan koop, inhegtenis geneem het. Dit is ook by hierdie polisiestasie waar n senior vroullike burgerlike beampte deur n uniformdraende lid aangerand is omdat die senior beampte na bewering foute/leemtes op die verslae van die ander lid uitgewys het. Kan uit vorige ondervinding ook glo dat die spul by die aanklagkantoor onbehulpsaam en baie arrogant was.

Suzette ·

Dit wys net – die polisiestasie is berug vir hulle rassisme, onbehulpsaamheid, arrogansie, onbekwaamheid en die lys gaan aan – maar niks word daaraan gedoen nie, hulle gaan net voort soos voorheen.

ES ·

Ek stem dat daar nie veralgemeen moet word nie. Ons plaaslike polisiestasie se beamptes is ongelooflik behulpsaam en vriendelik. Dit gaan absoluut oor die bestuur en wie in beheer is daar.

Daar moet dringend opgetree word teen die Wierdabrug polisiestasie.

Denise ·

Ja nee alweer Wierdabrug.. hoekom werk daai mense nog daar hulle help niemand.. slaan net almal en verniel die mense. wat ‘n grap.. hoekom word daar niks aan die stasie gedoen nie????

LANA is ELANè ·

SA se eie “vigilante” polisiestasie ~ bly weg vd stasie enige iets is daar moontlik, lw enige iets!!

SomeOne ·

nee, moenie weg bly nie, gaan vir enige ding daarheen, dat daar meer gesien kan word hoe hul mense hanteer, dalk word die stasie baie gou reggeruk of toegemaak

Anel ·

Die gemeeskap wil al vir lank die spul vervang. Hulle woon nie in die wyk nie, so hulle gee niks om vir die mense nie. Hulle moet vervang word met lede wat hier woon en die omgewing ken. Dit help nie om te kla en die lit ken nie die adres of kan nie eens die straatnaam reg spel nie. So rukkie terug kon mens geen afskrifte van niks kry nie, want geen drukke het glo gewerk nie. Jy moes ook jou eie pen saam vat. Die gemeenskap maak ook gereeld die stasie se tuine skoon. Dis ‘n skande. Mens moet trots wees op die plek waar jy werk! Maar nou ja, en dan is dit die behandeling wat mens kry. Swak, swak, swak!!!

Anthony ·

Ek het gister daar verby gery per toevel, van bo af gekom, toe dink ek nogal by mylsef, “Jis maar die is nou regtige n lelike plek, verf dop af, die palisades is n vieslike faded groen. Bossie op die sypadjie…absoluut geen trots nie.

Nie Verbaas ·

Ek hoop die vrot spul ry aan die pen. Dit is skandelik om sulke onbevoegde en arrogante mense in n magsposisie te he.

Vernon ·

Jy voel soos iets wat die kat ingedra het as jy daar iets wil aanmeld.Hulle WIL JOU NIE HELP NIE. Hulle vervang hulle onbevoegdheid met arrogansie! Die stoele is in n haglike toestand,die plek is vuil. Ek moes maar my beurt afwag terwyl een vrou in uniform op haar foon die hele tyd besig was,toe sy my sien staan sy bloot op en loop weg. Jy durf nie alleen daar instap nie,vat ten minste 3 mense saam jou!!! Gatvol vir hierdie gemors!

Martins ·

All 3 keer deur hulle afgetrek en beskuldig van dronkbestuur terwyl hulle my beursie leegmaak, hulle konsentreer op Hendrik verwoerd laan in die aande , hulle is buite beheer, veral die 2 mans wat na 8 in hulle wit Nissan MP 300 bakkie rondry

Estelle ·

Dear Police, we know you are not all bad… but as u love to say to us “you fit the description”.

Kaptein ·

Hoe kan jy die vrot appels verwyder as die vrotste een met hoed en al hoër op on die boom nog steeds daar hang

Werner ·

Die polisie is net Soos die res van die kaders het net Meer mag

Riaan ·

Wierdabrug polisie is al vir jare berug vir hulle korrupsie, Hulle kan net sowel die plek toemaak want ek is seker ‘n groot deel van die “crime” in die area is hulle toedoen.

Eugene ·

Hoeveel keer gaan die Wierdabrug polisiestasie nog toegelaat word om hulle eie misdadige sel te bedryf voor Cele besluit om iets te doen. Polisie se taak is beskerming van die publiek en hulle eiendom en hulle doen glad niks om so iets te doen nie. Hierdie polisielede moet summier ontslaan word en die stasiebevelvoerder saam met hulle

Gert ·

Eintlik moet mev Pentz dankie sê want as of liewer wanneer sy haar saak wen het sy ‘n goeie neseier komplimente van die SAP

koos10 ·

Komplimente van die belasting betaler, Gert. Dis nou ek en jy wat gaan betaal.

Aikie ·

Vir my is die probleem dat die neseier uit Jan publiek se gatsak kom en nie uit die vrotkol in Wierdapark se sakke nie.

Jakes ·

Kranksinnigheid in ons samelewing vier hoogty. Moord, verkragting, diefstal en roof het die norm geword in n siek gemeenskap wat daagliks vererger.

Michael ·

Bly maar so ver as moontlik weg van polisie. Hulle is die grootste misdadigers en stel geensins belang om die wit gemeenskap te dien nie

koos10 ·

Bekhi Cele, jy sien dis nou hier waar jy moet optree. Dis waarvoor jy aangestel is. Nie om padblokades te beman of strande te patroleer nie.
Lede is deurmekaar want hulle politieke hoof stel homself aan as operasionele hoof en ondermyn die president se aanstelling van die NASKOM. Nou wie moet dan nou lei en vir wie moet die lede luister?

Patch ·

Wat gaan aan met die Centurion polisie??? Gereeld in die nuus oor sulke “magsmisbruik”.

Driekus ·

Wierdabrug Polisie Stasie is mos verskeie keure al vir die verkeurde redes in die nuus. Kan daar tog nie ordentlike ondersoek ingestel word nie, of word al hierdie dinge maar telkemale onder die mat ingevee?

Aikie ·

Die soort poliesmanne is besig om die polisie se naam met ‘n plank te slaan. Hoe dink hulle sal hulle wegkom met sulke optrede? Dit kom elke keer uit.

Tiptol ·

Moet nie alleen stap nie, moet nie alleen draf nie, moet nie alleen in die nag (of dag) bestuur nie. Moet nie alleen polisie stasie toe gaan nie.

Steve ·

Hierdie gemors in uniform raak al meer. Daar is geen vertroue in die gemors nie. Maar met cele as hul minister…wat verwag mens? Grootste skelms wat daar bestaan

Erika ·

Siestog Hulle publieke Beeld gaan Skade lei….-Its Mabena`s Fault

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.