Vrou glo deur huishulp aangerand

Foto: Reaction Unit SA

ʼn 60-jarige vrou is in Verulam in KwaZulu-Natal aangeval, na bewering deur haar huishulp.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig die voorval het Donderdag omstreeks 12:00 by Trenance Park plaasgevind. “Die vrou was by haar huis toe sy deur iemand wat aan haar bekend is, aangeval is. Die slagoffer is verskeie kere met ʼn mes in die kop en gesig gesteek. Sy is na die hospitaal geneem vir verder behandeling,” het Gwala gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Prem Balram, woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse gemeenskapspolisiëringsforum Reaction Unit SA, het intussen gesê die vrou was by die huis toe haar huishulp en die se kêrel by die huis opgedaag het. Een van die bure het die reaksie-eenheid ontbied. “Na bewering het die huishulp twee weke gelede vir die vrou begin werk. Bure het getuig dat hulle die huishulp en kêrel kort ná die voorval van die toneel sien vlug het.”

Volgens Balram was roof moontlik die motief vir die voorval, aangesien die hele huis geplunder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hennie ·

Ok ek is seker dom maar as ek iemand moe steek met n mes dan is dit poging to moord. Nou hoekom as n huishulp en haar kerel n brou van 60 verskeie kere steek met n mes dan word net n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek? Die land moet hulle die wet stelsel ondersoek en kyk hoekom als eweskielik dubbel standarde het!!!! Skrik wakker SAPD en ondersoek n saak van poging tot moord!!!!!!

Oom Kalahari ·

@ Hennie, stem met jou saam op daai stelling, dit is uit en uit ‘n saak van poging tot moord. Die vrou is aangeval met ‘n mes (sjerp voorwerp) en verskei kere met mes gesteek. Hul weet wie die verdagte is en glo ook deur die slagoffer genoem, maar nuemand is nog gearresteer nie. Hoe belaglik kan dit wees. Arresteer daai huishulp en neem haar vir ondervraging. Pisang Republiek met sy boendoe regstelsels.

Marinda ·

Ai, dis erg. Sterkte

Ek maak maar eerder my eie huis skoon.

Lolla ·

Myne ook lankal vertel om n toon te klap! Nou is my huis nie meer bo blink, onder stink nie, want ek doen dit self. My kruideniers het skiellik n elle lange rak leeftyd ontdek! Hel, my suiker kristaliseer skiellik! My kinders se klere “verloor” nie meer so gereeld nie. En ek het haar bloot n lyn laat sny oor my morele waardes, lojaliteit teenoor my volk en my eerlikke “dislike” in hulle weetend waarmee hulle teenoor ons wittes besig is, en my gewete wat my lewendig opgevreet het, terwyl ek ook weet hoe hulle “slowmotion genocide with attitude” praktiseer!

Lolla ·

Drie maande gelede het my moeder vreeslik aangegaan oor die huishulp stories wat ons almal maar ken….. Ek het grappend gese dat dit tyd is dat ons wit mense na wit plakkerskampe gaan en ons eie mense wat nie weet waar hulle volgende ete vandaan gaan kom nie, wat nie MAG werk nie, inkatrol vir huishulp en tuin werk. Sy het dit waragies gaan doen, en kyk nie een dag terug nie. Sy het ook haar vriendin so aangesteek, en die het dieselfde gedoen, kyk ook nie vir n dag terug nie! Ek het eintlik net gegrap, maar toe werk die grap soos n bom…. Hehehe En daar was weer dankbaarheid en waardering van weerskante. Dis ten minste nie n werk (as hulle n werk het) waar jy heeldag in n parkeer terrein staan en die bloedigge son trotseer nie.

Annetjie ·

Ek het myne laat gaan. Ek het baie meer vrede in my hart vandat sy weg is, geen frustrasie meer nie.

Michael ·

Dan vra hulle hoekom ons hulle nie wil werk gee nie !!!!!!

Mark ·

Jou huis behoort DEUR JOU SKOON GEMAAK te word DIS JOU PLEK WAAR JY MINSTE PARAAT IS. WORD WAKKER, WERK SELF.

Regtig... ·

Liewe Mark, ek is baie bly as jy tyd het om jou eie plek sonder enige hulp skoon te hou. Ek en my man is in die oggende net na 6 by die huis uit en kom na 7 weer terug. Tussen in moet kosblikke gepak word, kos gemaak word en tyd aan die kerk, mekaar en vriende gegee word. Ek is baie dankbaar vir die dame wat 1 keer ñ week kom help met stryk en skoonmaak. Sonder haar sou ek dit wragtig nie gemaak het nie. Nie almal is skelm nie en dit is nie meer so dat die vrou by die huis kan bly om skoon te maak nie.

Anoniem ·

Stem 100% saam met jou”Regtig”. Mark, wil jy nou se dat alle huishulpe misdadigers is? Het gewag vir die kommentare…”maak maar eerder my eie huis skoon”…Huishulpe is wonderlik om te he en so dikwels word hulle so deel van ‘n men’s se gesin.

TLC ·

Mark jy laat my dink aan n ou wat voor tv sit en (vroulief) staan met jou bier in hand terwyl sy stryk of jy laat maar om jou begaan . Nee regtig ek is ook bang na tuinier al 24 jaar vir my en die hele buurt werk hy is n man van 65 Maar hy moet nog werk om sy familie kos te gee en sy vrou ook al 5 jaar 1 dag in week by my werk sy is 67 maar ek kan na 4 rug operasies nie meer op 57 jaar doen wat ek 20 jaar terug gedoen het nie. Maar so is ek alleen by huis en hul in hul kamer op my GROND SLUIT EK TOG MY DEURE ja ek is bang en sodoende het ek ook 24 7 my sektor radio by my en dan vra ek my GOD om ons te beskerm want ons kan dit nie self doen nie

AmY ·

Die motief was roof? Werklik? Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer? Wat van poging tot moord?

Dorothea ·

Mark, stem saam met jou. Maak self jou Huis skoon waar jy woon en mors. Raak georganiseerd en begin die kinders leer van Klein’s af dan is daar minder werk vir ma. Ek het dit gedoen. Dankie tog niemand lê voor die TV nie. Nie eens my Klein kinders nie. Speel, speel word die karre ook nog gewas.

charl ·

Ek bly nou al 13 jaar nie meer in Suid-Afrika nie en moet se jy kom baie gou reg sonder enige hulp in die tuin of huis al werk jy 7-5. EN dis waar jou eie kinders leer om dit self te doen wat hulle beter voorberei vir die lewe.

bj smit ·

ons is nou bejaard maar toe ons jonger was was daar geen tuin jong of huis werker gewees nie ons het drie seuns groot gemaak sonder huis hulp vandag help ons met die klein kinders
elkedagin die week somoenie vir my dat dit nie gedoen kan word nie

Jannie ·

Baie geluk aan jou bj smit jy is beter as ek want ek sal dit nie regkry nie tensy ek met sekere irritasies leer saamleef.

PJC ·

As ń mens deur die afgelope paar jaar se koerante blaai is dit verstommend hoeveel vrouens deur tuiniers vermoor is en in baie gevalle was die huishulp deel van die komplot so hierdie aanval deur die huishulp is nie uniek nie. Een of ander tyd sal mense moet begin besef dat dit gevaarlik is om sulke mense in diens te neem. Mense moet besef hulle werk vir jou om geld te kry en nie omdat hulle van jou hou nie.

Juffrou ·

So jammer ek is nie “goed genoeg georganiseerd” nie. Ry soggens 6uur en kom soms eers halfagt saans by die huis (ná my “hafdag joppie”) Ook besig met MEd studies aan plaaslike universiteit. Dis nou tussen boeke merk en sport en vergaderings ens. Dus het ek ook maar besluit ná ek op uitbrand se voorstoep gekuier het dat ek hulp van buite nodig het. Gooi maar die klippe, mense, gooi hulle goed! Sommige van ons lewer ons bydrae onvoorwaardelik aan julle kinders – die toekoms van môre!

Genoeg ·

Vra ek net ‘n paar dae terug vir ‘n boer van ons omgewing of hy ook Australië toe gaan verhuis, vra hy vir my of ek mal is, want daar moet jy alles self doen op jou plaas. So, baie kan glad nie sonder hulp klaar kom nie en in baie gevalle is dit mos maar hoe van hierdie werkers hul voet in jou deur kry en voor jy weet is jy ook dalk net ‘n statistiek.

Elize ·

Is jou en jou gesin se lewe regtig die paar randjies werd wat jy vir jou huis-en tuinhulp betaal? Ek en my man werk ook lang ure, maar doen als self, ek sny ook die gras en die kinders help met skottelgoed was en help om hul kosblikke te pak. My kinders is 5 en 7 jaar oud, hulle word geleer om self agter hulle skoon te maak. Jou huishulp mag dalk goed en gaaf wees, maar sy praat dalk net te veel met iemand wat julle nie goed gesind is nie, dan betaal jy met jou lewe. Is dit die bietjie ekstra moeite werd?

Ray ·

Die vrou is aangeval met n mes.
Dit is uit en uit POGING TOT MOORD.
Dit meen, die intensie van die aanvaller was om die vrou te dood. Anders sou n mes (skerp voorwerp) nie die aanvals wapen gewees het nie. Punt.

Attie ·

net vir die wat nie verstaan nie wit op swart is poging tot moord 8jaar tronkstraf en swart op wit is dit aanranding met R1000 borg

Chris ·

Dit is en gaan nie ‘n eerste of geisoleerde geval wees nie. Ons Witgesigte/blankes word baie vinnig en gou van rassisme beskuldig, maar kom kyk hoe die swartes deur die Indiërs behandel word. Dit skree ten hemele. Ek veralgemeen nou, maar het dit reeds baie keer al gesien. Ek het dit nie self gesien nie, maar in 1947/8 en weer in 1961 rond het die Indiërs moes wegkruip agv aanvalle op hulle deur Zoeloes. Dit is weer aan die kom.

Cornelia ·

Daar is van u wat geslaagd na self arbeid oorgeskakel het. Dit is die beste alternatief gegewe die atmosfeer wat in ons land geskep word jeens blankes wat deursnee werkgewers is ook op klein skaal. Dit is egter net so duidelik dat baie gesins strukture níé sonder huis- en tuinhulp kan klaarkom nie. En die redes is nét so geldig en verstaanbaar. Daar is ook “christene” en gelowiges onder ons “huishulp en tuinhulp”. As u huishulp kan lees, koop gerus vir haar ‘n Bybel in die taal van haar keuse. Die Bybels word duur en min kan dit self bekostig. ‘n Kosbare geskenk. Bid ook vir u huis- en tuinhulp.

Anoniem ·

Beste is maak jou eie hoos skoon en so ook met jou tuin. As jy dit doen kry jy sommer oefening en voel jy goed aan die einde van die dag. Bietjie seer spiere is beter as wonde of selfs die dood en jy spaar geld R 20 per uur.

MK ·

Ons is ons 40’s en het twee klein kindertjies wat baie aandag verg, maar ons wyer om iemand aan te stel vir gemak. Dis die risiko nie werd nie. Ons stryk self wanneer ons kan. Ek dra meestal klere wat nie gestryk hoef te word nie. Ons werk albei in en om die huis. Dis seker nie vir almal moontlik nie, maar mens sal dit moet begin doen. Wil jy regtig daai kans vat dat die makste hond jou byt net omdat jy gerief wil hê?

Leon ·

As ek kyk na die gemiddelde oorgewig blanke maak dit baie sin dat hulle afhanklik is van huishulpe en tuinwerkers. Doen jou eie huiswerk, verslank terselfdertyd en leef veiliger.

Johan ·

Tlc jy is tieppies daai mense wat net aan jouself kyk .wonder as jy die laaste wit mense in sa is hoe gaan jy dan voel.

TLC ·

Johan of jy is plein onkundig of stupit hoe dink ek net aan myself . Of maak jy altyd sulke onbeskofte grappe

Attie ·

weet jy hoe stupid jy moet wees as jy nie stupid kan reg spel nie

swanna ·

Ek is maal oor die woord “‘na bewering” as ‘n wit persoon deur ‘n swart persoon aangeval word maar anders om is dit direkte aanval om te beseer of te moor nie eens ‘n kans vir ” na bewering” nie.

anton ·

Ons blankes in S.A is seker van die luister mense op aarde.(90%)
Gaan kyk oorsee en jy sal sien die blankes doen alles hulle self en dan werk albei, die mans en vroue voldag.
Nou hoekom kan S.A se mense dit nie doen nie? Want ons is LUI.!!!

Gauteng ·

Anton.
Waar presies grou jy daai statistiek uit? Ek is een van die wat my eie plek skoonmaak al werk ek voltyds, maar sal graag wil weet waar jy aan daardie persentasie kom.

Lolla ·

JY is lui… Daar is nie n ONS in jou pond nie broer! Ons was wel gewoond aan bederf wees, wat laaannnkkkaaaalllll oorgeskakel het na oorlewing…. Het self oorsee gewerk en gewoon. Afrikaanse SAners is juis altyd baie welkom omdat hulle nie lui is nie, “multiskilled” is, en geken word aan hoe skoon en detail georienteerd is!

anton ·

Jammer as ek op tone getrap het Lolla, maar die waarheid is nie altyd lekker om te hoor nie!!!
En as jy onder die 10% val wat wel alles self doen, waarom gaan jy dan so tekere?
I rest my case.

Wessie ·

Wat ‘n aaklige en onverkwiklike land het SA nie geword nie? Mense val mekaar aan soos diere en ‘n lewe is minder werd as ‘n selfoon! ‘N selfoon!!!
Ek skaam my om hier te bly. My hond is beter opgevoed as die grootste deel van die land se MENSE!

Michael ·

Dankie Wessie, Jy is 100% reg, dit is waar ons land se probleme le. Regtig n derde wereld geword vinnig op pad na die swakste land in Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.