Vrou glo deur sewe mans verkrag

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 21-jarige vrou is na bewering in Helenvale in Port Elizabeth deur ʼn groep mans verkrag.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is glo helder oordag deur soveel as sewe mans verkrag.

“Die vrou het na bewering op 20 April omstreeks 14:30 saam met ʼn vriend in Voisenstraat geloop toe sy deur die groep mans gegryp is,” het Naidu gesê.

Die mans het na bewering die vriend gelos en die vrou na ʼn gehuggie aan die agterkant van ʼn huis geneem waar tussen vyf en sewe mans die vrou verkrag het.

Naidu het gesê drie verdagtes, tussen 22 en 24 jaar oud, is laat Donderdagaand in dieselfde straat in hegtenis geneem as waar die verkragting na bewering plaasgevind het.

Die verdagtes is deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings vasgetrek. Daar is ook op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die drie mans sal Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.

Die polisie het gesê verdere inhegtenisnemings sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Dis verskriklik! Arme vrou… Geen wetgewing, nog minder starf…

Linda ·

Ai, ek is sprakeloos! Ek weet nie meer wat om te sê van al die wetteloosheid in ons pragtige land nie!!!!

Linda ·

Ek bid dat die Here Sy hand oor die vrou hou sodat sy geen navolge oorhou nie.

Vryheid ·

Wat help tronk straf vir die tipe mense. Net n mors van belasting geld, geen wonder ons mense neem gereg in eie hande. Doodstraf!

Simon ·

En die 6/7 “mans” gaan n slap on the wrist kry. Siek man! Ek hoop regtig waar daar word binnekort n groot verandering in verkragting sake, as jy net vat,betas, moet jy vir jare lank sit! en nie in goeie omstandighede nie.

Cherokee ·

May9, 2016 – The ANC has called for more effort following racist remarks by High Court judge Mabel Jansen.

Feb 18, 2017 – A Judicial Conduct Committee met last month and it was unanimously decided that racial remarks made by judge Jansen constituted a prima facie case of “gross incompetence”.

ANC- High Court Judge Jansen must be “banned” from court.

Mabel Jansen in hot seat over racism.

dirk L ·

Ek dink die woorde het opgeraak. Binne ‘n ommesientjie het alles in SA verander in ‘n brassery van opstoking . onmenslikheid en wrewel. So sien mens tot in die wese van ‘n ander – deur hul dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.