Volgens die berig is Delia Adonis verlede maand deur die vyf studente by die Stadium on Main-winkelsentrum in Claremont aangerand waar sy as ʼn skoonmaker gewerk het. Sy het glo gesien hoe die mans ʼn ander man aanrand toe hulle uit ʼn nagklub gekom het, waarna sy hulp ontbied het.
Adonis het later in die parkeerarea gaan rook toe die vyf studente glo vir haar staan en wag het. “Hulle wou weet hoekom ek die man gehelp het,” het sy gesê. Haar seun, wat deeltyds as ʼn skoonmaker by dieselfde winkelsentrum gewerk het, het sleutels by sy ma kom haal toe hy sien die studente staan in ʼn kring om sy ma en vloek haar.
Die seun het glo tussenbeide probeer tree waarna hy glo ook gevloek is. Een van die mans het Adonis glo geskop en sy het geval. Die ander mans het haar glo ook geskop terwyl sy op die grond gelê het.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan The Star gesê die aanranding word ondersoek. Volgens die berig word ʼn polisiebeampte van regsverydeling en omkopery aangekla nadat hy glo gepoog het om die saak te laat “verdwyn”.
Die klink na wit studente wat weer ‘n coloured vrou aangerand het hier word geen melding gemaak watter kleur is dit nie. Weer studente met te veel geld wat dink hulle is baie wonderlik!! idiots
Dink as dit wit was, sou dit indie berig gestaan het!
Ek glo nie dat dit wit studente was nie . Ek stem saammet Hana want die media sou dit kwaai opgeblaas het .