Vrou glo gedwing om oor warm kole te loop

Foto: SAPD.

ʼn Sangoma van Port Elizabeth het Maandag vlugtig in die New Brighton-landdroshof verskyn nadat sy ʼn vrou glo gedwing het om oor brandende kole te loop.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak is teen die 45-jarige Nomatamsanqa Madlamini Meze aanhangig gemaak waarna sy oor die naweek in hegtenis geneem is.

Pumeze Lugawu (40), die beweerde slagoffer, het die saak aanhangig gemaak ná sy in die Dora Nginza-hospitaal opgeneem is vir ernstige brandwonde aan albei voete,” het Beetge verduidelik.

Die voorval het op 8 Julie plaasgevind toe die slagoffer glo gedwing is om oor kole te loop tydens haar opleiding as sangoma.

Volgens Beetge is die slagoffer eers na ʼn kliniek waar sy na ʼn dokter verwys is en toe uiteindelik in ʼn hospitaal opgeneem is.

Meze staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die saak is tot 19 Oktober uitgestel vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherise ·

Hahahaha die is nou regtig iets om oor te lag. Ja nee kyk se niks dan is daar niks ne.

Genieve ·

Wanneer leer die mense om uit n sangoma se pad te bly. Hulle bring net groot skade aan jou..of hulle vat jou geld/hulle bestaan nie.Mense skrik net n slag wakker ASB!!!

bgj van der westhuizen ·

wel hy is swart daar is net in saak oop gemaak wonder werk dit word genoem in die media wand as dit in wit persoon wat dit gedoen het was hy toe gesluit en vir moord aan gekla

Swartkat ·

Ek glo nie die sangoma het haar gedwing om deur die kole te loop nie. Wat het sy by die sangoma gaan maak, sangoma het seker vir haar gese dat dit wat sy wil he sal gebeur as sy deur die kole loop en toe loop sy- hoe dom kan mens wees , nou sit sy met geroosterde voete. Gelukkig was sangoma nie wit nie anders het hy nie borg gekry nie en dan was dit rassisme of KFC

Theresa ·

Party mense is nou maar net nie skaam om hul ongesofistikeerdheid te kenne te gee nie. Ek moes nou vreeeeeeeeeslik mooi dink hoe om te sê min of meer wat ek voel oor hierdie absurde wreedheid. Kan GLAD nie verstaan hoe hierdie mense gelos word om ander so te pynig nie.

Heike ·

Het die slagooffer nog nie van die woord NEE gehoor nie? Eie stupidity.

Sakkie ·

Ag nee dan verdien sy dit sy kon mos gedink het wat sou gebeur het en daar was seker nie n vuurwapen teen haar kop gehou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.