Vrou glo in motor doodgeskiet

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

ʼn Jong vrou is Donderdagaand dood aangetref in haar motor op die N3 naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici na die toneel naby Townhill ontbied na berigte van ʼn motorongeluk. “Paramedici het ʼn motor gevind wat teen ʼn padversperring tot stilstand gekom het. Daar was verskeie koeëlgate in die motor.”

Meiring het gesê die bestuurder van die motor is met ‘n kopwond aangetref. “Paramedici kon ongelukkig niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Schalk ·

Die hel is los in hierdie land, dit is wat aangaan. Wat my verstom is, let bietjie op van al hierdie berigte, hoeveel van hulle in KwaZulu Natal plaasvind. Ons moet dalk vra wat gaan daar aan?

Dee ·

Schalk, julle sien net die spits van die berg. Ons wat in KZN woon en die dagblaaie soos Gazettes (en ander Engelse dagblaaie) onder oë kry weet dat die minimum landswyd gepubliseer word.

Dee ·

Dinsdag byvorbeeld, het ‘n ‘tuinier’ ‘n ‘inbreker’ doodgeskiet in Ridge Road, Overport. Die tuinier het ‘n inbreker gesien by ‘n huis ingaan en hom geskiet.
‘n Negentienjarige skaker is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Vele insidente wat nie die hoofstroom media haal.

Des ·

Dit grens aan oorlog. Mens is absoluut nêrens meer veilig nie. Hulle skiet net wild en wakker. Wat staan mens te doen?

Dee ·

Jy is reg Werner. Die kommentare is dikwels blote sinnelose herhalings van wat vorige kommentators gesê het en intussen word geweld in die land ‘n standaard waaraan so gewoond geraak word dat dit vreemd sou wees om net goeie nuus te lees.

Dee ·

Die ANC het geslaag in hul belofte van dekades gelede om die land onregeerbaar te maak.

alida ·

Mens kan nie net aanneem dat dit ‘n misdadiger was wat haar geskiet het nie. Dit kon enigiemand gewees het bv. haar man, eks of huidige kêrel. Kom ons kyk wat die ondersoek oplewer en oordeel dan.

Johan ·

Alida, maak nie saak wie geskiet het nie, die persoon bly n misdadiger!

Rosie ·

Skuus ek vra, Alida, maar as jy iemand doodskiet, hetsy dit jou man/vrou of familielid of enige iemand is, maak dit nie van jou n misdadiger nie? Vra maar net……

Rosie ·

Skuus ek vra, Alida, maar as jy iemand doodskiet, hetsy dit jou man/vrou of familielid of enige iemand is, maak dit nie van jou n misdadiger nie? Vra maar net…….

alida ·

Rosie dit is reg. Die persoon wat geskiet het is ‘n moordenaar vir een of ander rede. Wat ek bedoel hierdie goed is nie altyd gekoppel aan politiek of polities gemotiveer nie.

tamboti ·

Die goed gebeur want die oortreder is nie meer bang vir straf nie omdat:
1 – Hulle word baie min gevang
2 – Die kans dat hul skuldig bevind word is nog skraler
3 – Al word hul gevang is daar nog steeds ‘n agterdeur oop met borgtog of vinnige ontsnapping.
4 – Sodra hul gevang word kwalifiseer hulle mense regte en gratis regshulp
5 – Wanneer hul wel skuldig bevind word is die straf te lig.
6 – Tronkverblyf is nie meer ‘n straf nie.
7 – daar is te veel “afslag” van tronkstraf want die tronke is te vol, m.a.w. daar is te min tronke
8 – Die oortreder se familie word nie aangeraak of hoef niks vergoeding te betaal aan die slagoffer of -familie nie – ek meen ten minste ordentelike begrafnis/mediese koste en ‘n opregte verskoning sal al help!!!!
9 – Daar is nie meer doodstraf nie!
10 – Die regering en staatshoof dink nogsteeds dis maar doodnormaal en goed hoe dit tans gaan in SA (Ja, ek het net so baie redes vir hierdie stelling!)
Maar mense soek mos verskonings soos armoede en werkloosheid vir die misdaad, en daarom word dit net erger en ons vorder nie.

pop ·

KZN is die hartland van die Zulus. Beantwoord dit nie al die vrae rondom geweld hier nie. Om hier te woon is so goed as om midde in oorlogzone te woon.

Retief ·

Misdaad? Oortreding? Wat is dít tog? Onse namba whan wys dan self jy sê net :”Sorry!” Dan is jy verder onskuldig en hou jy jou lyf skaapwagter en jy ploeter voort slagpale toe met die dom skape agterna! Ons tronke gaan binnekort leeg wees. Al die oortreders hoef net ‘Sorry!” te sê

Anoniem ·

Dalk moet ons eerlike mense by die tronke intrek. Daar is ons veiliger as buite, en kry gratis slaapplek, kos, dokters wat ons besoek, ens.

Liz ·

Ek het dieselfde vir my man gesê anoniem! Dis die waarheid. Ek dink ons moet dit doen en op dit aan dring!! Gatvol vir die geweld en die skelms wat alles vryspring! ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.