Vrou glo met renosterhoring betrap by Jhb-lughawe

Argieffoto

ʼn Vrou is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn sak met renosterhoring.

“Doeanebeamptes het ʼn wenk ontvang en ʼn spesifieke bagasiestuk onderskep by die bagasie-oordragarea van die internasionale terminaal,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nadat die bagasiestuk opgespoor is, is die vrou, wat met die tas verbind word, geïdentifiseer. Die tas is deursoek en daar is bevestig dat dit inderdaad renosterhoring bevat.

“ʼn Voorlopige ondersoek het bepaal dat daar 11 stukke renosterhoring, wat ongeveer 20 kg weeg, in die tas was. Die bagasiestuk het van Lusaka, Zambië by die lughawe aangekom en was onderweg na Hongkong via ʼn SAL-vlug,” het Naidoo verduidelik. “Die verdagte, ʼn 24-jarige vrou, is tans in aanhouding. Sy staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Beskermde Spesies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.