Vrou glo met suur gegooi in kaping

Argieffoto

ʼn Vrou het ernstige brandwonde met ʼn chemikalie opgedoen nadat sy glo met suur gegooi is tydens ʼn kaping.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Triangleweg in Maraisburg in die weste van Johannesburg, plaasgevind.

“Paramedici het die vrou binne ʼn nabygeleë huis aangetref waar die kaping plaasgevind het. Sy het aan paramedici gesê sy het buite ʼn huis geparkeer toe haar motor gekaap is. Die aanvaller het ʼn chemikalie, vermoedelik ʼn suur, in haar gesig gewerp en met haar voertuig weggejaag,” het Meiring gesê.

ʼn Inwoner het gesien wat gebeur en haar te hulp gesnel.

“Die vrou het ernstige chemiese brandwonde aan haar gesig en bors opgedoen. Sy is in ʼn ernstige toestand na die Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die slagoffer is ʼn Uber-bestuurder. Sy het die verdagte by die Cresta-winkelsentrum gaan oplaai nadat die man hom as ʼn Uber-passasier voorgedoen het. Sy het hom na Maraisburg geneem waar die voorval plaasgevind het,” het Masondo gesê.

Masondo het gesê die vrou is steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Haar motor is intussen teruggevind.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping. Masondo het bygevoeg bykomende aanklagte gaan aanhangig gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anni ·

Hierdie Uber beter hul sekuriteit opskerp. Rerig!!?? Hoekom nie n sekuriteitskode tussen partye instel nie.

Paul ·

Wat sal ‘n “sekuriteitskode” help?

Dit kan met enige huurmotor gebeur dat ‘n passasier die bestuurder aanval. Hoe wil jy dit keer?

Hanna ·

Ek woon in die buiteland en het ook verskeie ander lande al be soek en Uber is een v die beter maniere van veilige vervoer in al hierdie lande. Uber is oral suksesvol behalwe in Suid Afrika… Laat mens wonder. Dalk iets met ons land se wetteloosheid te doen?

Paul ·

Hanna, hoe bedoel jy Uber is nie suksesvol in Suid-Afrika nie?
Duisende mense gebruik dit elke dag heeltemal veilig in Suid-Afrika.

Uber het al onttrek uit talle ander lande en stede, insluitend China, Rusland, ‘n hele klomp stede in Duitsland insluitend Frankfurt, Hamburg en Duesseldorf. In Parys en Madrid word Uber se karre heel dikwels deur taxibestuurders aangeval. So gaan die lys aan.

Net omdat die meeste slegte nuus wat jy lees, van Suid-Afrika af kom, beteken nie dat slegte dinge slegs in Suid-Afrika gebeur nie.

Haan ·

Ek het gewonder wanneer die eerste suur aanval SA gaan tref. Hierdie metode om n slagoffer buite aksie te stel het onlangs baie in engeland begin verskyn (hulle moes eergister 1000 noodbehandelings pakkies aan hul polisie gee. Swaelsuur is goedkoop en maklik om te vervaardig maar los die slagoffer lewenslank met n onherkenbaar-gebrande gesig. Ongelooflik wreed

ITman007 ·

Suur word al vir ‘n geruime tyd in Engeland as ‘n wapen gebruik en dit het nou onlangs meer bekend begin word en so ook meer gereeld . Die skade wat die tipe wapen aanrig is erger as die van ‘n mes of selfs vuurwapen. Die merke wat chemiese brande moontlik los sal jou lewe permanent verander, veral as dit jou gesig beskadig het soos in die geval. Ek hoop regtig nie dit word ‘n gereelde ding soos in Engeland nie.

Catryn ·

Kaping is absoluut pateties, die polisie behoort die suuraanval in ‘n meer ernstige lig beskou en dit te ondersoek, dis niks anders as poging tot menseroof en moord, of self iemand se lewe permanent beskadig. Om iemand met suur te gooi is baie wreed.

Ruby ·

Sekerlik kan Uber opvolg wie daardie spesifieke rit versoek het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.