Vrou glo ná liefdesrusie in Centurion doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Pretoria is Dinsdagoggend ten aanskoue van haar vriendin koelbloedig by ʼn treinstasie in Centurion doodgeskiet.

Ao. Hero Gumbu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 43-jarige vrou het Maandag in ʼn rusie betrokke geraak met haar 43-jarige kêrel. Die kêrel het gedreig om haar seer te maak en sy is uit vrees vir haar lewe na ʼn vriendin in Mamelodi om daar te oornag.

“Dinsdagoggend het sy en die vriendin die trein geneem werk toe en by die treinstasie in Kloofsig afgeklim. Die man het haar daar ingewag en haar gevra of hy met haar kan praat,” het Gumbu gesê. “Sy het geweier en weggestap van hom af, waarna hy haar vier keer geskiet het. Sy is op die toneel dood.”

Volgens Gumbu het die vrou se vriendin, wat die voorval sien gebeur het, alarm gemaak, maar die man het in die Groenkloof-natuurreservaat ingehardloop. Die polisie is steeds na hom op soek.

Die vrou se naam kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie van haar dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.