Vrou glo oor biltong vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Makatisi Khumalo (59) het in die Ventersburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op sy susterskind.

“Die polisie in Ventersburg is Dinsdagaand omstreeks 19:30 na ʼn huis in Mamahabane ontbied nadat ʼn voorval van huishoudelike geweld aangemeld is,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Toe die polisie en paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle Mmatsiu Snanh Tsiu (43) in ʼn plas bloed op die trappies voor die huis aangetref. Sy het meswonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Khumalo het gevlug, maar die polisie het hom nie ver van die toneel af nie, aangekeer.

Die twee het glo oor vier stukkies biltong gestry. ʼn Ooggetuie het aan die polisie gesê Khumalo het Tsiu daarvan beskuldig dat sy sy biltong gevat het.

Khumalo moet op 24 Maart weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Oplossing: Moet biltong nie so lekker maak nie. In die verkeerde hande kan dit selfs aanleiding gee tot moord .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.