Vrou glo rowers ‘toor’ geld uit sak

Die slagoffer het ‘n Rusa-beampte genader nadat sy beroof is. (Foto: Rusa/Facebook)

ʼn 31-jarige vrou is oortuig toorkrag was betrokke toe twee mans haar Donderdag in KwaZulu-Natal beroof het.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het ʼn vrou om 13:40 ʼn Rusa-beampte in Verulam se sakesentrum genader om hulp. Haar selfoon en R1 600 in kontant is glo uit haar handsak gesteel.

“Sy het die Rusa-lid meegedeel dat sy in Toddstraat gestap het nadat sy die kindertoelaes vir haar drie kinders onttrek het. ʼn Wit voertuig het langs haar stilgehou en die twee insittendes het glo met haar begin gesels. Die twee mans het vir haar ʼn saamrygeleentheid aangebied, waarna sy in die agterkant van hul motor in geklim het.”

Op pad na haar bestemming het een van die insittendes op die agtersitplek langs haar gaan sit. Hy het met haar gesels totdat hulle haar bestemming bereik het.

Kort nadat sy by ʼn haarsalon ingestap het, het sy haar handsak oopgemaak en besef dat haar kontant, selfoon en Sassa-kaart weg is.

“Sy is oortuig daarvan dat die mans toorkunsies gebruik het om haar te hipnotiseer en haar toe beroof het. Die slagoffer sê sy kan nie onthou dat die verdagtes ooit haar sak by haar geneem het nie en kan ook nie die registrasienommer van die motor onthou nie.”

Die vrou het haar selfoon geskakel en ʼn man met ʼn buitelandse aksent het geantwoord. Hy het beweer dat die selfoon aan hom behoort en die oproep beëindig. Die selfoon was daarna beset.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Althes ·

Ek hoop veiligheidsmaatskappye kry stewige voordele omdat hul grotendeels die verlengde arm van die SAPD is wat misdaad betref.
Hulle is ook gewoonlik die First Responder op ñ toneel.

Eerlik ·

Kinder toelae waarvoor ons opdok word spandeer by die salon! Salaris trekkers sien salonne as n luuksheid. Die mentaliteit gaan gepaard met die kulkunsies en hipnotisering, Dinamo was seker saam in die kar. Sassa sal seker vir haar nog gee na die belaglike storie.

Cherokee ·

Jou kommentaar is mi heel van die tema af. Ek is jammer vir haar. Een van my personeel het twee weke gelede R2400 verloor deur ‘n opening in haar baadjiesak, en die uShaka Marine World kameras waar sy by ‘n tellermasjien geld onttrek het, het gewys ‘n man en vrou met ‘n kind het reg agter haar gestaan toe dit val, en hulle het dit opgetel. Vir almal is dit broodnodige geld.

Jr ·

Primatieve africa. Hooga hooga booga booga. Gooi poeier hee hee hee. In die donker van die nag. Oh my word!!!

Blikke ·

Aggelaai, maggelaai! ….ek kul jou hier en ek kul jou daar…..en siedaar……lmga!!

Emily ·

Wat se dit vir jou, Jy klim nie saam met vreemdes in n kar nie.

Elinette ·

Ai tog, so dom. Daai ou wat so vriendelik langs jou kom sit het en met jou gesels het al die pad tot by jou afklimpunt ………………….. hy het suutjies sy hande in jou sak gedruk en jou van jou geld en foon “verlig”. G’n getoordery nie ……….

Spook ·

Ek het n pragtige huis in Clifton wat ek aan haar kan verkoop vir R5 000. Als wat sy sal begeer is klaar in die huis. 7 slaapkamers, 2 kombuise, 2 woonkamers en reg teen die strand.
Al voorwaarde, sy moet die woord “goedgelowig” uit haar woordeboek verwyder.

Arthur ·

Dit wat gebeur as jy nie werk vir geld nie, geld wat jy nie verdien nie. Die ANC se magtigste verkiesing loon om stemme te wen en hou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.