Vrou gooi glo broer se lyk by krans af

Die Magwa-valle. Foto: Flickr.com

Die Magwa-valle. Foto: Flickr.com

Polisiereddingswerkers moes Dinsdag 300 meter teen ʼn krans naby Lusikisiki in die Oos-Kaap abseil om die liggaam van ʼn man te vind wat glo deur sy suster en haar twee seuns vermoor is.

Die 43-jarige vrou en haar seuns, onderskeidelik 16 en 19 jaar oud, is die afgelope naweek vir die 47-jarige man se dood in hegtenis geneem. Hulle het glo erken dat hulle beplan het om hom te vermoor en dat hulle hom uiteindelik verwurg het.

Die slagoffer, wat die grootste deel van sy lewe in Gauteng deurgebring het, het onlangs glo by sy oorlede ouers se huis opgedaag en probeer om sy suster uit die huis te skop. Hy het glo aangevoer hy is die regmatige hoof van die huis. Die suster het geweier en die man het sy saak voor die stamhof gebring wat in sy guns beslis het.

Volgens die plaaslike hoofman het die man se suster en haar twee seuns daarna beplan om hom te vermoor. Vroeër die maand het hulle na bewering sy hande vasgebind, hom verwurg en sy liggaam by die Magwa-valle tussen Lusikisiki en die Wildekus gestort.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jacques ·

Hy het seker ook gesê hulle gaan nou vir hom werk. Dis maar hoe dit werk. Die westerse regstelsel werk nie altyd lekker in Afrika met sy unieke probleme en oplossings nie. Sy gaan in elk geval nie welkom daar wees nie want sy het die stamhoof se beslissing geminag.

lees net ·

Dit gaan my verstand te bowe, dat mense altyd moet baklei oor dooies se goed. Waarvoor daai mense natuurlik hulle hande af gewerk het. Familie wat ewe skielik te voorskyn kom ma toe die persoon gelewe het was hulle nie daar. Money the root to all evil. En as hulle maar net weet, daai geldjies en goed, gaan hulle nog baie trane kos tot hulle dood ga. En so ga ons mense maar net aan en aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.