Vrou gooi man glo met warm olie

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

ʼn Vrou sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn nadat sy haar man glo met warm olie gegooi het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 46-jarige vrou was glo Saterdagoggend besig om ontbyt te maak in haar huis in Potchefstroom toe sy en haar 44-jarige man in ʼn argument betrokke geraak het.

“Die vrou het glo ʼn pot op die stoof waarin daar warm olie was gevat en dit op haar man se maag en hande uitgegooi. Die man het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Volgens Moleko is die vrou in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

In ʼn afsonderlike voorval het die polisie in Hebron ʼn 35-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit nadat die man glo Saterdag in Itsoseng ʼn polisiebeampte met ʼn bierbottel in die gesig geslaan het. Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

humor ·

Was van lankel af g vol vir die huwelik. Jarelange agressie wat die “drukpot” laat ontplof het. So manne lees maar die omstandighede mooi mens weet nooit wanneer nie.

Uncle Buck ·

Ongevoeligheid van die mensdom en maak alweer enige afleidings. Besluite van vandag het gevolge more as sy in die tronk wat het sy dan van haar swak oordeelsvermoe. Tog so jammer

pop ·

Skei maar eerder voor jy oorgaan tot daai uiterste. Ek het menigmaal gevoel ek gaan so iets doen. Geen mens tel n pot olie op en gooi haar liefie daarmee as daar nie erg rede is nie.

Griki ·

Eina, blikskottel! Daar is makliker maniere om geskille op te los. Maak nie saak wie vir wie en waaroor kwaad was nie, aanranding is beslis nie die antwoord nie.

m ·

Het die arme polisie nog tyd om sulke strooi te ondersoek, ek dink daar is sake wat meer hulle aandag verg. mense moet ook ma leer om hulle humeure te beteul

Dee ·

Miskien, net miskien was die gooi nie ‘n aanval maar verdediging.

Carina ·

As ‘n vrou so iets doen moes di man seker iets aan haar gedoen het. Glo my ekt dit ook al oorweeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.