Vrou helder oordag in huis oorval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 51-jarige vrou is Woensdag helder oordag in haar huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangeval.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 by die vrou se huis in Moselweg plaasgevind.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het toegang tot die huis gekry deur die kombuisdeur oop die dwing. Die vrou kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk om ʼn private veiligheidsmaatskappy te ontbied voor sy erg aangerand is,” het Nkohli gesê.

Die vrou is kort daarna bewusteloos met erge kopbeserings aangetref. Sy is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

“In dié stadium is dit nog nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie, maar die hele huis is geplunder,” het Nkohli gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om sers. Andile Gusha by 082 441 8139 te kontak as hulle meer inligting rakende die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Deon ·

Reg en geregtigheid sal slegs in ons eie tuisland geskied. In SA sal dit as ligte roof afgemaak word en die ouens gaan bail kry sommer gougou.

ben ·

Wat van aanranding en of poging tot moord.
Laat ek liewer nie verder gaan nie.
Siek. Siek.Siekker.

ingelig ·

Ben, ek hoop julle verstaan nou wat ek se. Die polisie skryf een klag op n docket. As die saak dan by die NPA kom en hof toe gaan, word die res van die misdrywe bygevoeg.

AmY ·

Alles is net roof en moord en aanranding. Ek kan nie meer nie. Het niemand dan meer die reg op lewe nie?

Dorothea ·

Misdaad, geweld en moord het ‘n Beroep geword in ons land.

Anoniem ·

@ Amy ek deel jou gevoelens. ‘n Mens voel so magteloos want die regering doen net mooi niks om al hierdie aanvalle te stop nie. Dit is nou die hoeveelste vrou wat aangeval is.

Koos de Meyer. ·

Dis ons nuwe Suid-Afrika. Dit het ‘n doolhof van die dood ge word.

Cherokee ·

Hoe lank voordat die ‘veiligheidsmaatskappy’ daar opgedaag het.

Jef ·

Was die private veiligheidsmaatskappy wel aanwesig want ek kan dit nie in die berig lees nie.

Nita ·

Vergewe asseblief vir Kel. Daar is nou soveel aanvalle op witmense ons koppe raak skoon deurmekaar. Wie? wat? waar? Dis chaos.

broos ·

“voor sy ERG aangerand is” en later in die berig “ERGE kopbeserings” so was dit nou erg of nie? Mevrou, hoop jy het ‘n spoedige herstel.

LB S ·

Helder oordag? Dit is nie buitengewoon nie. Mense word elke minuut van die dag of nag oorval, beroof, vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.