Vrou helder oordag op plaas aangeval

Argieffoto: SAPD

Die vrou van ʼn plaaslike veespekulant is Saterdag helder oordag op ʼn plaas buite Kokstad, KwaZulu-Natal, oorval en aangerand.

Carolyn Muller (63) was omstreeks 12:30 alleen by die huis en besig om wasgoed op te hang, toe sy deur twee mans by die wasgoeddraad oorval is.

Jacques Naude, eienaar van Prestige Sekuriteit, het Maandag aan Maroela Media gesê die mans het Muller aangesê om saam met hulle in die huis in te gaan. Sy het egter geen vuurwapen by hulle gewaar nie en die mans teengesit waarna sy met die vuis in haar gesig geslaan is. Sy het geval waarna een van die aanvallers haar gewurg het totdat sy haar bewussyn verloor het.

Muller is gevolglik in die huis ingedwing en met baaltou vasgebind. Naude vertel dat Muller later haar bewussyn herwin het terwyl die aanvallers nog steeds in die huis doenig was. Sy kon egter daarin slaag om haar los te wikkel waarna sy na buite gehardloop en in haar motor op die vlug geslaan het.

Naude vermoed dat die aanvallers die motor hoor ry het en toe self laat spaander het.

“Niks is gesteel nie. Hulle het ongetwyfeld weens die aard van haar man se werk geld gesoek. Hulle kon nie die kluis oopkry nie en toe hulle haar hoor ry, het hulle gemaak dat hulle wegkom,” sê Naude.

Muller se neus en wangbene is gedurende die aanval gebreek. Sy het ook erge swelling om haar nek en harsingskudding opgedoen. Sy word tans in ʼn hospitaal behandel.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Blommetjie ·

Boervrouens sal nou maar gewapen moet wees as hulle buite toe gaan. Laat my dink aan die dae in Musina teen die grens.

Thinus ·

Nie eers die doodstraf is goed genoeg vir hierdie gemors nie.

AmY ·

Slegs ‘n saak van huisroof?
Wat sou gebeur het as sy nie terug baklei het, en ook weggekom het nie?
En sy is mos aangerand ook???

Hoe nou... ·

Aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot moord vir die verwurg episode.

WIEBO ·

Sy was gewurg gewees, poging tot moord……….? Siek regstelsel…….. Sterkte aan die vrou!

Fonnie ·

Ons moet die moordenaars en verkragters op die stadsplein kruisig soos in die oudae. Daar laat hang sodat almal hulle kan sien. Daar moet hulle vrot en die brommers en aasvoels moet hulle wegdra.

GRIET ·

FONNIE…so wreed,soos dit klink, wat jy voorstel nehh…het PRESIES DIESELFDE GEDAGTE,net vanoggend,deur mý gedagtes geflits…!!!
Want misdaad,protesoptogte IS TOTAAL BUITE BEHEER EN IS BO DIE REG VERHEWE!!!
IETS DRASTIES…sal moet gedoen word

Johanné ·

Hierdie aanklag vir huisroof verklaar hoekom daar bevind is dat ‘n groot persentasie polisielede nie kan spel nie, want hulle weet nie of dit poging tot moord of poging tot moort is nie, nou skip hulle dit maar

Opisthophthalmus ·

Johanné, dit is wat jy kry met net ‘n 30% slaagsyfer, vir DIE wat daarby uitkom…. geen behoorlike spelvernuf, geen redenasie vermoeë… Sal ek voortgaan..

Cherokee ·

Dit is ‘n gevoelige punt wat julle hier aanraak want dit geld vir ‘n groot klomp kommentators ook.

Stella ·

Ja-wat,alweer iemand bekruip wat haarself nie kan verdedig nie,en die peste weet dit,hulle tweede naam moet KRUIPERS wees.

humor ·

Fonnie min of meer in orde, maar hulle moet darem nie in die midde van die stad vrot nie en die brommerplaag. Ag, nee man daars reeds nie meer so iets as gesondheidsdienste nie.

Johan H. ·

Ek verstuit my om te se,,, meestre boere is of stupid of leef in ontkenning,,,,sal nie met my gebeur nie, WAAR IS JUL WAPENS? ,,,Ek weet die boere is nie stupid nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.