Vrou ‘het naels af baklei’ teen plaasaanvallers

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die woorde “Dubula iBhunu”, “Viva Juju” en “Viva EFF” is met rooi verf op die egpaar se voordeur aangebring. Foto: Verskaf

“Hulle is geweldig, geweldig getraumatiseer. Ek kan dit nie vir jou beskryf nie. Desireé praat en huil en alles deurmekaar. Hulle het haar verskriklik verniel.”

Só vertel Anton Burger, ʼn patrollielid van die plaaslike buurtwag in die Halfmanshof-omgewing buite Porterville in die Wes-Kaap. Burger was Sondagaand op die toneel waar Tobie (50) en Desireé van Schalkwyk (45) op hul plaas, De Tuin, aangeval is.

Burger vertel dat Tobie en Desireé op die plaas woon waar hy finansiële werk vir die plaaseienaars verrig. Tobie is semi-paraplegies en kan klein entjies met ʼn kierie loop, maar gebruik ʼn rolstoel by die huis en in die kantoor.

Hy het Sondagaand ʼn lêer in die kantoor gaan haal en net na 21:00 weer met sy motor aan die agterkant van die huis stilgehou waar hy naby die deur van die opwaskamer is om die huis binne te gaan. Volgens Burger het Tobie net die opwaskamer binnegekom toe hy deur drie aanvallers met klapmusse oorval is.

“Die erf is reg rondom geëlektrifiseer, so hulle moes op ʼn manier toegang gekry en agter die muurtjie of digte plantegroei geskuil het toe Tobie die huis binnegaan,” sê Burger.

Desireé van Schalkwyk se lyf is vol kneusplekke soos sy aangerand is. Foto: Verskaf

Die aanvallers het Tobie hardhandig op die grond neergegooi, geskop en geslaan voordat hulle ʼn tweeliter-koeldrankbottel vol petrol oor hom uitgegooi het. “Tobie-hulle het nêrens petrol naby die huis nie, so hulle moes die petrol saam met hulle gebring het. Hy was deurtrek met petrol. Van sy kop tot sy tone was nat van die petrol.”

Op daardie oomblik het Desireé kom ondersoek instel na die rumoer en die aanvallers het haar ook gegryp.

“Hulle het vir Desireé gepak en haar kop vasgedruk. Sy het my later self vertel dat een van die aanvallers so bo-oor haar gaan sit het en sy knieë gebruik het om haar arms vas te druk terwyl hy probeer het om haar bene oop te dwing,” sê Burger.

“Hulle het vir Tobie gesê: ‘Nou gaan jy kyk hoe ons hierdie wit b***h verkrag’. Desireé is ʼn gawe, saggeaarde vrou. Sy het nog nooit enigiemand skade aangedoen nie. Ek kan nie dink hoekom hulle so iets sal sê nie.”

Tobie van Schalkwyk se bebloede gesig nadat hy aangerand is. Foto: Verskaf

Volgens Burger het Desireé egter met alles in haar terugbaklei. “Sy het letterlik haar naels af baklei.”

Tobie kon daarin slaag om sy motor se afstandbeheer te druk en die voertuig het ʼn piep-geluid gemaak en die ligte het geflits. Dit het die aanvallers vermoedelik laat dink dat iemand buite die huis stilgehou het en hulle het vinnig laat spaander.

Die egpaar kon daarna hulp ontbied en is na ʼn hospitaal gehaas.

“Jy kan net vir jouself dink wat sou gebeur het as hy nié daardie knoppie gedruk het nie. Hulle sou haar verkrag het en daarna die vuurhoutjie vir Tobie getrek het,” sê Burger.

Hy sê daar was ná die aanval talle polisiebeamptes, beamptes van die forensiese eenheid, private veiligheidsbeamptes en snuffelhonde op die toneel.

Maroela Media het vroeër berig Desireé en Tobie het in vrees gelewe sedert hulle op 14 Oktober wakker geword het met die woorde “Dubula iBhunu”, “Viva Juju” en “Viva EFF” met rooi verf op hul voordeur aangebring. “Dubula iBhunu” is die omstrede struggle-lied bekend as “Kill the boer” wat spruit uit die apartheidsera.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sake van poging tot moord en seksuele aanranding word ondersoek.

Die Van Schalkwyk-egpaar woon nie tans op die plaas nie uit vrees vir hul veiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Anoniem ·

Nou ja, wat kan mens sê om hierdie mense veilig en beter te laat voel??? Niks en niemand gaan veilig voel en wees in hierdie land voordat Malema nie agter tralies sit en die Government nie bykom nie!!! Dit gaan nie ophou nie!!

Donderstorm ·

Maar die lied kill the boer kill the farmer is kwansys net n ou struggle lied hul kan se en doen wat jul wil maar dit is mos niks hul kom niks oor nie maar laat iemand iets uit kwaadheid se dan is dit die grootste sonde in die heelal

Ron ·

Elektriese heinings help niks meer nie , ook nie diefwerings of veiligheids hekke nie
Honde is geen afskrikmiddel nie . . .
Ons moet dink aan beter , ander en nuwe idees!

IK ·

Ron, ek het hierdie ontstellende berig oor en oor gelees. Sou die kantoor buite die veiligheidsheining wees dan moes hul saam met hom ingekom het. Is daar dalk ‘n vasgestelde patroon wat gevolg word want jy word vir ongeveer 2 weke dopgehou. Ligte in die nag skep permanente skadu vir die vuilgoed. Natuurlik is die verrassingselement aan hulle kant. Hier skyn dit asof hulle nie vuurwapens gehad het? Loop dus met jou vuurwapen dag en nag 25 uur per dag en 8 dae per week. Ek bly op ‘n dorp maar kom snags met oorgehaalde wapen tuis. Sou my honde nie hek toe kom dan is daar groot fout. Is daar honde op die plaas? Indien wel dan ken die honde van hierdie aanvallers. Ek is ‘n pensioenaris wat alleen in my huis bly na my vrou se oorlye. Elke maand kom die ‘oues’ bymekaar en verlede Donderdag was dit weer so. Ek kon egter aflei dat veiligheidspraatjies nie goed afgaan en het maar die aanvoring daarvoor gelos. Daar is duidelik ‘n houding van ‘gebeur met ander’ of bloot net onkunde. Ek is bereid om snags in die destydse weermag se aaphokke op ‘n plaas te gaan sit om my deel by te dra.

Dienkie ·

Daar is nou die bewys. Die EFF sit agter al die moorde/aanvalle op plaasboere en hulle families.

hannelie ·

Die bewyse is nog heeltyd daar. Malema moet tronk toe saam met al sy moordadige trawante. Hierdie sinnelose geweld sal nooit ophou nie voor hy in die bek geruk word nie. Ons sê dit elke dag, maar die regering het blykbaar oogklappe aan.

Willem ·

Hoe wreed aardig om petrol oor n mens te gooi en te wil brand en die arme vrou hoe voel sy n mens raak bos as jy sulke dinge lees nou vra ek hoe lank gaan dit nog so aan hou die moorde op die plase en as jy vreemde woorde se dan dan wag die tronk vir jou hulle het gehoor van rassisme maar weet nie waar hang die bel nie toe ons jonger was was daar nie sulke nonsens nie ook nie eers in die weermag nie nou vra n mens hoe lank gàan dit nog so aangaan tot die bom bars dit bou die woede in jou op as jy sulke wrede goed lees en onskuldige mense sterf ????????????

Cherokee ·

Willem, julle troos julself met *’n bom wat gaan bars*.
As daar ‘n bom was wat kon bars, dan sou die skerwe làànkal deur die lug geklief het. Moet nie probeer voorgee ons hou onsself in nie, want as dit die waarheid sou wees, skuld ons die nageslag ‘n verduideliking.
Ons is deel van die laaste geslag Suid Afrikaners en sal ook gypsies word soos die sigeuners van oor die wêreld wat die enigste nasionaliteit ter wêreld wàs wat nie oor ‘n eie land beskik nie. Nou is ons ook Gypsies… ‘n Sigeuner volk. Vat jou goed en trek Fereirra, vat jou goed en trek!

Brandwag ·

Cherokee, as mens net luister en sien wat die mense van sulke partye uitlaat en doen; sal jy besef dat die bom nie van ons kant af gaan bars nie, maar wel van hul kant. Maar as jy regtig dink dat daar nie van ons mense is wat met woede in hul sit nie, maak jy ‘n fout. Wat die dwase nie besef nie is dat sommige van die kinders van boere wat sulke aanvalle oorleef, nog die einste dwase se wrede einde sal beteken. Gaan eerder op die kniee en vra Hom vir die troos.

Cherokee ·

Natuurlik is jy reg Brandwag, wanneer jy sê dat daar mense met woede in hulle. Maar mense is nie net woedend nie maar ook gefrustreerd. Hoeveel keer het jy al kommentare gelees wat verwys na Bloedrivier? Die skrywers daarvan besef nie dat húlle nou die sannas het en ons het die assegaaie. Gefrustreerd, want ek bereken hoeveel rande nodig is om Australiese dollars mee te koop.

Emma ·

Baie jammer vir hulle ek het ondervind n mens moet baie praat daaroor dan kry jy verligting. Dink en bid vir julle. Hoop net die eff aanhangers word gekry.

tamboti ·

Ja daar is die bewys van die EEF se “volksmoord” oogmerk.
Dit bewys ook dat die “struggle” kreet/lied nie so onskuldig soos Siem bamba is nie, maar letterlik mense aanvuur om witmense dood te maak.
Jammer maar as die ANC leiers enige integriteit gehad het, moes hul nou die sing van daardie lied en soorgelyke krete, net so onwettig maak as die die k-woord. Verder moet hul ook hierdie geval spesifiek aanspreek, dit afkeur en hulle volledig distansieer van hierdie soort geweld.
Maar hul sal nie, nie eers as hul voor hof gedaag word nie – hulle keur dit goed met onwrikbare stilswye – ek sit R1000 op hierdie stelling.

Piet ·

Ramaphosa as jy n leier was, dan sou jy iets hieromtrent gedoen het. Jy verwag mos respek…???

Annie ·

Nee jong, hy gaan niks doen nie, daar is mos nie plaasanvalle volgens hom em sy cronies nie?

Ralph ·

Hierdie lafhartige dade van die EFF gemors wat ook kwansuis in dir parlement sit, moet onmiddelik onder Trump se aandag gebring word. Waar in die wêreld sit sulke gemors in parlement dan wil hul elke dag mosies instel en hof toe hardloop om hulself te beskerm. Absolute gespuis.

·

Dit is omdat mense staatmaak dat Trump gaan kom help. Niemand, maar niemand gaan kom help nie. As jy iets gedoen wil kry, moet jy dit self doen. Heel eerste, hou op dagdroom oor Trump. En dan het ek ook slegte nuus oor kersvader. EFF is boelies. Behandel hulle soos enige ander boelies.

Dina ·

Die vuilgoed! JUlius Malema is verantwoordelik hiervoor. Hy sit agter die opstokery. Hou hom verantwoordelik hiervoor.

Early warning ·

Kan iemand in beheer van plaas aanvalle net kyk na die Q50 horlosie stelsel? Dis ‘n redelike goedkoop horlosie van om en by R499. Hy gaan gepaard saam met ‘n Selfoon App, met die druk van ‘n knoppie stuur hy onmiddelik ‘n SOS “sms” na die foon toe wat gelink is, as elke plaasboer gelink is met sy buurplaas kan hul mos die knoppie druk die oomblik wat hul die manne gewaar, dan kry die buurplaas amok sein en daai boer kan per Radio roep vir hulp. ‘n Early warning sisteem. Die toestel het tot ‘n funksie waar jy kan “inluister” sonder dat die een wat hom dra dit weet. Mens se heart rate wat versnel gee alarm af en ook voice notes kan gestuur word. Ek is seker dit kan IEMAND se lewe red, en nog selfs die wetters laat vas trek.

Michelle M ·

Is daar nie iewers ‘n weldoener wat kan help met skenkings om nuwe produkte te help aankoop/versprei nie.
Kom ons raak paraat, elkeen sy eie huis weerbaar maak. Beplan vir moontlike situasies.
Niemand in die buiteland gaan kom help, ons moet self doen.
O hoe wens ek vir n paar recces!

AW ·

Who are responsible to teach and empower the farmers in respect of the following principles:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

“Situational Awareness”

When it comes to farm security??

Magrietha ·

Ek wil graag aan die mense se wat n ander man/vrou/kind se lewe neem.God se in sy woord jy mag nie jou eie lewe neem of die van ander man vat nie sy bloed is op jou hande.So laat hulle doen soos hulle reg dink God laat nie met hom speel nie

Johan ·

Dagvaar die EFF en dikgat Malema. Trek hulle kaalgat in die hof uit. En dan gee al die name van die plaaswerkers vir die polisie, want hulle is almal betrokke.

lulu ·

johan
wanneer laas het jy vir malema gesien
hy is lankal nie meer n dikgat nie
dalk n dik…….
weet nie of hy dalk siek is nie

Anoniem ·

Dit is siek !!!!! Verrefaande ons sal ins self moet verdedig teen die aanvalle .

RG ·

Ek word so kwaad ek moet liewer nie kommentaar lewer nie, maar is ek die enigste een wat begin voel dat dit nou onuithoudbaar raak. Hierdie arme mense, ek kan nie meer net sterke toewens nie, dis eenvoudig nie genoeg nie. Hoe help ek?
As Malema vir persoonlike beskerming kon kwalifiseer dan het hierdie mense tog sekerlik ‘n maand terug al die reg gehad om dieselfde te ontvang.
WAAR IS ONS LEIERS!!!!

ZAR ·

Jy is nie alleen nie RG, ek glo die meerderheid voel dat dit nou onuithoudbaar is. Ons het verseker nodig om te sentraliseer. Ons is leierloos, of altans ons het te veel mense wat leiers is wat in hul eie rigting in gaan. Die volk weet nie meer wie om te volg nie, nou is ons steeds verdeel. Ipv goeie leierskap en mense wat saamstaan baklei ons nog onder mekaar. Dis problematies, want ons het vergeet om die goeie in ons naaste te sien en kyk nou net vas in ons mense se foute. Wanneer ons iemand kry wat ons bymekaar bring dan sal ons nog meer uitgedun wees as wat ons nou is, maar ek glo dit sal gebeur, ons sit nou met ons hande in ons hare, maar ons sal nog saam staan. Op die oomblik moet ons ondersteun wat ons kan, totdat alles saamsmelt met 1 doel. Ek weet ek is nie leier potensiaal nie, en ek weet ek sal nie almal kan verenig nie, maar die leier is daar buite, hy gaan opstaan. Moenie moed verloor nie.

Atta ·

Die volk het Steve gekies en hy het vir hulle ‘n opname van ‘n ou country treffer Amanda gegee. ‘n Volk kry die leier wat hulle verdien en in hul harte begeer. So die mense moet eers regkom dan sal die regte leier opdaag.

Koos ·

Stem saam metZAR hoe gouer ons saamstaan hoe beter. Die probleem is egter die joiners wat saps toe sal hardloop om hulle eie mense te verraai. Ons soek n sterk Leier

Snowball ·

Die EFF is nie ‘n politieke party nie; dit is ‘n terreur en terroriste organisasie; dit is tyd dat hulle as sulks identifiseer en vervolg word.

Charlotte ·

Nothing you do matters, I was attacked on our farm last Tuesday and thankfully managed to outrun him and get to the safety of my house and my employees saw and came to my rescue. This man jumped a 6ft palisade with a 8ft electric fence attached with ease infront of me to get to me and what does the police do ? Let him go on a charge of “Trespassing” as it was his first offence. Lost all trust in the SAPS

ZAR ·

Charlotte, I’m just glad to hear you got away unscathed. The law is ridiculous and the criminals are handled with satin gloves. But we can still hope for better days. Don’t be discouraged. Every day breathing, is still a day that we can fight these atrocities.

Philip ·

Nee dis siek verby. C R moet bykom maar daar is iets nie lekker nie hoekom hy nie iets sê nie. Hy wil klou aan mag want verkiesing is naby. Ons moet onthou ons is Afrika en die laaste vesting waar daar nog wittes is in getalle.

Pieta ·

So is ons besig om die stryd teen die duiwel te verloor! God weet wie gaan ons red? Dit raak net erger by die dag! En die ergste van als is die Satan wat in beheer is kom openlik WEG daarmee! Well done Julius Malema

Manie ·

Ons kan niks doen as ons een een sukkel, die blankes het die geskiedenis oorboord gegooi. geloftedag word nou ewe ywerig as versoeningsparty gevier ipv Sondag. ramaphosa geniet godstatus want hy sal glo die ekonomie red,ek sien nog niks wat hy reggekry het behalwe praat en belowe. Verder gil en juig ons lustig oor die rassitiese kwota klug SA spanne se prestasie ipv om alle rugby, krieket ens te boikot. Sonder hekgeld ens bloei hulle dood. Die blanke kan met goeie bedoeligs die land nie red. Slegs geld praat hard genoeg en hou op kruip, dit word gesien as teken van vrees en swakheid. Staan op en veg soos Steve ens, dan is daar n kans

Bring Kommando's Terug ·

Dit is die enigste manier hoe wit mense sal kan saam staan en hulself verdedig.

MC ·

Dit maak mens so magteloos woedend, want dit word net elke dag erger,
waar en hoe gaan hierdie onmenslike dinge gestop word???

PJC ·

Mense is nie paraat nie en ook nie veiligheids bewus nie. Dit maak ń mens moedeloos en terselfdertyd vol haat teenoor hierdie boosdoeners.

Michelle ·

Prof. Gregory Stanton het 15 jaar terug gesê dat een plaasmoord ‘n dag volksmoord is maar ons professors hier het dit afgelag. Daar sal niks meer oor wees nie jy sal net jou en jou geliefdes self moet beveilig. Die land het geen ruggraat meer nie als is uit per porsie. Ek is opreg jammer wat die twee mense moes deurmaak.

Karlien ·

EFF kommando’s in Porterville in die Wes-Kaap?
Iets klink nie reg nie.

Jaap ·

Al hoe ons aandag gaan kry is as ons goed brand en breek.
Nou trek ons saam en stap netjies in rye.
Daai crap werk nie.
Was self in daai saam trekke na Sasol,etc.
Wat in sak gebring?

Jakob ·

Stuur die berig in Engels aan die Australiese regering of Ambasade.

Stef ·

Hierdie moet fop nuus wees. Die President het gese dit gebeur nie hier nie. Genade vir die mense toe gebid.

Annette ·

Solank as wat Malema toegelaat word om te sê en doen wat hy wil, sal niks verander nie. Hy hits die mense aan. Maar nou ja, selfs die president ontken plaasaanvalle so die arme mense was seker nie aangeval nie dis seker alles net ons verbeelding. Sterkte aan die arme mense.

Werner ·

Mense moet hulle plaaswagte in omgewing skep kry radio koms tussen mekaar dan kan jy vinnig roep vir hulp veral as jy vermoed jou man of vrou is in n struweling met hulle bewapen jouself kry vroe waarskuwings sisteme in plek jy moet nie meer vra wat gaan Trump Koos of Piet doen nie maar wat gaan ek doen om my gebied te beveilig al is jy n parapleeg kan jy die ou wees wat radios monitor en ander laat weet as daar probleme is daar is baie om te doen word wakker mense

Diefie ·

Iets klink nie lekker met die saak nie. Het Tobie op iets afgekom wat verdag lyk? Sterkte julle twee.

Herman ·

Vandag kan n mens nie saans in n donker staat op n dorp loop nie. Jy kan se dis jou reg en voortgaan of jy kan sulke uitstappies vermy . As n rivier vol krokedille is gaan jy probeer deurswem? Mense n boer het twee keuses nou. Hy kan vas hou aan sy erfenis en sy aardse goed of hy kan pad gee en sy en sy familie red van so n belewenis. Wat is meer werd?? Jou bestaan op jou lewe? As jy jou boerdery voorkeur gee dan moet jy bereid wees om te baklei tot die dood toe.

fg ·

CYRIL RAMAPOSA JY SAL MOET WAKKER WORD.
Anton ja, soos dit aan my oorgdra is, het hy gesê “ons gaan die blankes lewendig soos paddas kook in n pot” en hul sal dit nie eers weet nie. Dalk moet hy aangekla word vir die moorde en aanvalle op ons in hierdie land,

WILLIE ·

wil net vir hulle wat so n bohaai opgeskop het,veral maiemane leier van die DA wat net so te kere gegaan het oor die doodskis storie waar niemand beseer was nie,wat se julle nou oor wat hier gebeur het en veral die petrol gooiery

Hendrik ·

Ek dink nou aan die Voortrekkerdae waar stafekpedisies uitgestuur is as jy aangeval is. Dit is nou in die moderne eeu nie wettig nie. ‘n Gebied moet eenvoudig gedomineer word deur patrollies en ouens wat hul gatte lig voor die DSTV en deelneem aan die veiligheidsstrukture.

Erica ·

Die EFF is hande drup al van die bloed, dit loop soos ‘n rivier agter hulle aan.

wilma ·

Ai julle twee, ek is verskriklik jammer oor dit wat julle moes deurmaak en wens julle ‘n spoedige herstel toe. Mag die Vader julle help om die trauma te probeer oorkom. Weer eens baie, baie sterkte vir julle.

Aster ·

EK HOOP van harte dat hulle ‘n saak sal maak teen die EFF. Hulle moet verantwoording doen vir hulle lede se swak gedrag. Vat hulle hof toe, ek sidder om te hoor wat die EFF te sê het oor hierdie! Kom VF vra hulle bietjie sommer direk in die parliament.

Zelda ·

Afriforum, is dit nie n bewys dat daai struggle lied nie net n struggle lied is nie.
Verban daai lied asb

Lizelle ·

Presies netso!! Maar die regering stry lewe en dood die plaasaanvalle het mos niks met ras te doen nie. En volgens Mnr Ramaposa bestaan plaasaanvalle nie!!!

anton ·

Ek stem saam met jou anoniem in dit wat jy in glo…………..
Ek GLO in wat Ps.91 ook vir ons sê, maar dan weet ek ook dat ek darm my deel ook moet doen om veilig ens.te wees.
God het ook vir Israel gehelp om hulle vyande te verslaan, meer as een keer ook.
Dus om te veg en terug te veg is nie verkeerd nie want anders gaan ons uitgewis word.
Hoop nie MM verwyder weer my kommentaar nie.

Sogenaamde Petisie ·

Nou waar is sogrnaamde petisie wat na trump sou gaan lyk my dis ook n useless oefening gewees. Ek het elektronise lektor in 90’s gehad wat uit Kenia gevlug het as kind hy het ons verskriklike dinge vertel wat daar gebeur het en dieselfde lyk my speel hier af. Sterkte aan die slag offers

frenchpeteers ·

Die EFF sit agter baie meer as net individuele plaas aanvalle. Hulle werk aan ‘n vol strategie om die blankes lam te lê sodat hulle nie meer vir hulle ‘n bedreiging is nie. Kyk wie werk in die winkels, banke, ens. Kyk hoe lyk ons skole, staats diens. Noem dit op, hulle woeker daarmee. Plaas moorde is maar net nog ‘n vorm om die mense se gemoed negatief te maak. Iemand moet hulle as ‘n party geheel vasvat en kyk waarmee hulle werklik besig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.