Vrou, honde uit huisbrand gered

(Foto: Verskaf)

ʼn 54-jarige vrou en haar drie honde is Dinsdag uit haar huis in Middelburg, Mpumalanga, gered nadat ʼn brand vermoedelik in die sitkamer of kombuis ontstaan het.

Nooddienste is na die toneel ontbied en het die vrou en haar honde gered.

“Ons is besig om die huis op te ruim. Alles het gebrand. Die hele huis, behalwe die motorhuis, is verwoes,” het CJ Bruce, die slagoffer se dogter, aan Maroela Media gesê.

Die vrou, wat in die Tokomanie-kompleks woon, het derdegraadse brandwonde aan haar gesig, arms en bene opgedoen.

“Haar hande is ook heeltemal verbrand en sy sal moontlik terapie benodig om dit weer te kan gebruik,” het haar dogter gesê.

Die vrou, wie se naam op versoek weerhou word, is na die Middelburg- provinsiale hospitaal geneem en sal na verwagting vir nog ʼn paar dae behandeling ontvang.

(Foto: Verskaf)

Die Middelburg-dierebeskermingsvereniging (DBV) is ook na die toneel ontbied en het die drie honde, ʼn Chinese keeshond, Yorkshire-terriër en ʼn spanjoel, in hul sorg geneem.

Die honde het glo grootliks ongedeerd van die voorval afgekom en is deur ʼn veearts behandel.

“Hulle is veilig by die DBV en sal na verwagting binnekort huis toe kan gaan,” het Petro Oberholzer, bestuurder van dié DBV-tak, aan Maroela Media gesê.

ʼn 11-jarige kind wat by die slagoffer woon, was nie tydens die brand tuis nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie, maar dit is moontlik deur ʼn gaslekkasie veroorsaak.

Urpie Labuschagne, ʼn paramedikus wat Gunmar-ambulansdienste by die toneel bygestaan het, sê egter dat ʼn ondersoek daarna reeds van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

jOH!! Mens se hele lewe op in vlamme. Om meubels ens te verloor is niks, maar wat van al mens se ander klein hartsgoed. Ek is bly dat die dame en haar honde ongedeerd is.

Elinette ·

Sy is nie ongedeerd nie – sy het 3de graadse brandwonde aan die gesig en hande opgedoen. Hierdie tipe brandwonde is glo nie pynlik nie, omdat dit so diep is. Die skade is egter baie erg.

Elinette ·

Arme mens – derdegraadse brandwonde aan die gesig en hande – ‘n lang pad van herstel en terapie lê vir haar voor. Ek is bly die honde het ongedeerd afgekom. Ai, sterkte!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.