Vrou in aftreeoord met graaf aangeval, het net aanhou bid

Suzanne Giliomee ná die aanval. (Foto: Verskaf)

’n Bejaarde vrou van Meyerton in Gauteng het net aanhou bid totdat die twee onbekende mans in haar huis in ʼn aftreeoord die donker in gevlug het.

Suzanne Giliomee (74) is Sondag in die vroeë oggendure in haar huis in die Big Creek-aftreeoord oorval en aangerand toe sy haar hond omstreeks 03:00 buite toe geneem het om ʼn draai te gaan loop.

Giliomee het vir ʼn oomblik op haar rusbank gaan sit en die deur op ʼn skrefie oopgelos vir die hond om terug te keer toe twee mans skielik die deur oopstoot.

Daleen van der Westhuizen, Giliomee se dogter, verduidelik die mans het eintlik die buurman en sy vrou, wat weg was op vakansie, se huis geteiken toe hulle van plan verander en by Giliomee se huis instorm.

“Een van die mans het daarop aangedring dat sy haar arm vir hom moet gee, maar sy het geweier en het net begin om ‘In Jesus naam’ hardop te sê,” vertel Van der Westhuizen.

Die man het haar stilgemaak en weer vir haar arm gevra. Wéér het Giliomee geweier. Die man was besig om sy gulp los te maak toe Giliomee weer pleit: “In Jesus naam. Jy sal nié.”

Volgens Van der Westhuizen het die ander makker aanvanklik in Giliomee se kamer rondgekrap, waar hy haar handsak en grimeringsakkie gesteel het. Hy het weer by die sitkamer ingestap toe Giliomee dit sê.

Dié man het op sy beurt vir Giliomee geskop “maar sy het haar man gestaan,” sê Van Der Westhuizen.

Die verdagtes het toe ʼn graaf in die tuin in die hande gekry en vir Giliomee met die graaf oor die kop geslaan voordat hulle laat spaander het. Hulle is steeds soek, sê Giliomee se dogter.

Giliomee het toe haar kans gesien om na die ander hek, wat na die oord lei, te hardloop en alarm onder die bure oorkant die pad te maak. Van der Westhuizen het kort daarna die oproep oor die aanval op haar ma ontvang.

“Ek het juis my ma uit ʼn slegte area weggevat om in ʼn veilige sekuriteitskompleks te woon. Toe gebeur dít.”

Volgens Van der Westhuizen is dit die eerste voorval by die oord.

Giliomee het ʼn groot sny op haar kop opgedoen en moes agt steke ontvang om die wond te heg. Die graaf het haar elmboog gedurende die voorval getref en haar sy is steeds seer as gevolg van die skop wat sy toegedien is.

“Sy is nog baie seer en duiselig,” vertel Van der Westhuizen vandag. “Sy is nou skrikkerig en bang vir die donker. Sy het vanoggend vir die eerste keer ʼn traumaberader gesien.”

Die betrokke polisiewoordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

charmaine ·

N aftree oord ook nou nie eers mee veilig nie? Word die nou die nuwe ding om te doen? Aftree oorde waar oumense juis gaan om hulle laaste paar lewensjare rustig te wees.
Ek se altyd die meederheid mense gaan nie dood gaan aan oumense siektes of enige ander tipe dood nie ons gaan net uitgemoor word.
Weereens hoe gebeur dit waar mense juis gaan om veilig te wees? Iemand van binne?

KaterinaKat ·

Het sy 3 uur in die Nag die hond laat uitgaan om sy draai te loop? Ons het n huishond, n Fox Terrier. Ek maak maar agter haar skoon as sy n glipsie het in die nag. Maar ek maak geen deur oop daai tyd vd nag nie, nie vir enige rede nie.

Ella ·

Katherina sy bly in n veiligheidskompleks so sy glo sy is veilig daar. Sy het niks verkeerd gedoen. Dalk doen sy dit elke nag maar die keer was die vuilgoed daar om haar oop deur te sien.
Hoe het die boewe ingekom en hie het hulle geweet die bure is nie tuis nie?
Hulp van binne miskien?
Sy kon dood gewees het in haar “veilige” plek.

jennefer ·

Ek staan ook soms op om honde te laat draai loop maar
Ek skakel nooit n lig aan
Sluit oop en laat hond uit
Sluit
Wag tot hond by deur terugkom en laat haar weer in.

Jana ·

Die tannie is genadiglik nie verkrag nie. Dis hoe die gebed gehelp het. Dit kon baie erger gewees het. God het nooit gesê ons gaan nie swaarkry nie maar Hy het belowe dat as ons deur iets moeilik gaan is Hy reg by ons. Net omdat God nie ‘n gebed beantwoord soos jy sal wil hê Hy moet nie is nie te sê Hy antwoord nie.

Gerrit ·

…omdat ons toelaat dat boewe ons regeer, òf verkies dat boewe ons regeer.

Koos de Meyer. ·

Mens is nie eers veilig in komplekse of sogenaamde aftrede oorde nie. Die skuim kom oral in. Hy gee nie ‘n flenter om of dit ou mense is of nie. So gaan dit in ons land.

Dankbaar ·

Ai tannie laat iemand vir jou veiligheidhek aansit met n valsdeurtjie vir jou hondjie om deur te klim as hy wil draai loop. Dit sal veiliger wees vir beide van julle. Jy kan hom met n slot ook laat sluit as jy nie daar is nie sodat niemand daar kan in of uit nie. Hoop tannie word gou gesond.

Lizl ·

Ek is dankbaar my ouers is oorlede aan natuurlike oorsake en dat hulle so iets vrygespring het op hul oudag. Sal nie weer kla oor hulle dood is nie, hulle is veiliger dood as lewendig.

Connie ·

Men must be governed by God or they will be ruled tyrands.

Rina ·

Niks hou die skelm uit nie…. hulle was te vinnig… hulle hou nie van lawaai nie.. kry n alarm en hou n remote by jou … druk daardie knoppie …. glo my dit werkkkk. Sekuriteit sal by daardie sentrum moet aangevat word ….

ana ·

Tan nie het niks Verkeerd gedoen nie. Dis die wereld wat boos is. Mag God hulle wat boosheid bring vir altyd gedoem wees. Baie sterkte aan Tannie , is bly Tannie het kinders wat omgee en beste vir Tannie wil he.Doen die berading dit help Darem so Met tyd n bietjie.

Anne ·

Dankie Ana. Dis presies wat ek ook dink. God sal by u wees tannie. Die trauma sal ook wyk.

Gesiggie ·

Tannie, so dankbaar dat jy ok is… Jesus het oor jou gewaak” waar is die veiligheid in die plek?? dit kon baie erg gewees het, maar ek dink die Tannie se gebed is verhoor. Ja Tannie bly maar eerder in huis, moet nie uitgaan in oggend ure, of laat hondjie maar binne sy glips kry. Hoop Tannie sterk gou aan.

hercu ·

“An honest ruler makes the nation strong; a ruler who takes bribes will bring it to ruin. A ruler who listens to lies will have corrupt officials. Crime increases when crooks are in power, but law-abiding citizens will see them fall” – Prov 29:4

sterkte mev!!

Stompie ·

Dankbaar, dit is ‘n baie goeie idee en eintlik is ‘n traliehek ‘n noodsaaklikheid – oral…. Ekself is ‘n weduwee wat alleen in my huis op ‘n hoewe bly. As my hondjie wil pieps laat ek hom uitgaan en sluit weer die deur (al is daar ‘n traliehek) Hy moet dan maar kom krap-krap aan deur om te laat weet hy is klaar.

Marlene ·

Dis my liewe dierbare tannie. Dis so wreed. Nerens meer veilig nie

PJC ·

Dit is ń wanpersepsie dat mense veilig is binne enige sogenaamde veiligheidskompleks. Boewe teiken deesdae juis hierdie tipe komplekse omdat hulle weet mense verwag nie aanvalle daar nie. Daar bestaan nie meer veilige blyplekke in SA nie so ń mens moet altyd paraat wees.

Elize ·

Ek stem, geen plek in SA is meer veilig nie, veral nie sekuriteits komplekse nie.

LB ·

Ek stem saam met bg veral as jy sien wie hierdie veiligheidskomplekse bewaak.

Gollie ·

3 in die oggend? dis dan reeds die bose se tyd daardie tyd is bid tyd teen die bose.dis letterlik moeilikheid soek daardie tyd met oop deur.

Lisa Coetzee ·

Alle Eer aan God!!! Hy het haar beskerm juis omdat sy in Jesus se Naam gepleit het! Ek wens Tannie net voerspoed in Tannie se recovery! Dankie dat Tannie n voorbeeld is van hoe n mens in outoriteit kan opstaan in Jesus se Naam.

Magda ·

Bly sy is veilig – maar om hemels naam – Mensies meot nie die deur oopmaak of uitgaan deur die NAG nie -Wanneer gaan julle leer dat ons in n Terroriste Suid Afrika woon – Dankei ANC en al die ander PArtye wat wegkyk oor aanvalle op WIT mense.

JvA ·

Ek is so trots op die ouma dat sy haar man gestaan het! Sy is so sterk! Jammer vir wat gebeur het ouma <3

lanie ·

As mense in veiligheids komplekse koop is dit vir hulle eie veiligheid, maar glo my van die veiligheidswagte skiet op mekaar omdat hulle bang is die ander vat hulle werk. Nou vra ek wat van die bewoners in die kompleks.

Attie. ·

Ek sal nie eens die polisie inkennis stel van ‘n misdaad nie. Die polisie kan nie eens binne 10 weke n vuurwapenlisensie uitereik nie wat nog skelms vang. As ek ‘n skelm misskiet dan gaan ek maar net weer aan met my lewe. As ek hom raakskiet dan sal ek maar moet rapporteer.

Esther Coetzee ·

Die polisie te besig om Eben Etsebeth se rassisme te ondersoek, daar is nie tyd vir sulke netelige sake nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.