Vrou in been geskiet tydens aanval op kleinhoewe

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Vrou is in die been geskiet nadat sy Saterdagnag deur gewapende rowers op ʼn kleinhoewe buite Orkney in Noordwes oorval is.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 39-jarige vrou en vyf ander mense het in die huis op die kleinhoewe geslaap het toe sy deur vier rowers oorval is. Die rowers het toegang tot die huis verkry deur die sekuriteitshek met ʼn skerp voorwerp oop te forseer.

ʼn Ander vrou in die huis het ook wakker geword en die twee is deur die rowers vasgemaak. Die rowers het vuurwapens, kontant, selfone en die vroue se handsakke gebuit. Hulle het een van die vroue in haar been geskiet kort voordat hulle op die vlug geslaan het. Moleko wou nie die slagoffers se name bekendmaak nie.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris A ·

n Saak van huisbraak? Kan dit nie glo nie,klink vir my meer na n poging tot moord!!!!!

Monique ·

Ek dink nou net dieselfde ding… En as een van hulle op die gewapendes geskiet het, was dit poging tot moord!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Chris Goosen ·

More, ek wil graag die artikel v n rukkie gelede deur n regter oor wanneer n persoon mag skiet op inbrekers/ aanvallers lees. Kan dit asb v my aangestuur word?

Baie dankie
C Goosen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.