Vrou in gesig geskiet tydens aanval

Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ʼn venster stukkend te slaan en die diefwering oop te sny. Foto: Watchdog Tzaneen

ʼn Vrou is Dinsdag in die vroeë oggendure in die gesig geskiet nadat ses aanvallers op die gesin se huis op ʼn kleinhoewe buite Tzaneen in Limpopo toegeslaan het.

Marius Jacobs, woordvoerder van Northern Security en stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op een van die Lushof-kleinhoewes gebeur.

Volgens Jacobs het die aanvallers toegang tot die huis verkry deur ʼn venster stukkend te slaan en die diefwering oop te sny. “Toe die vrou wakker word, was die aanvallers klaar in die huis,” het Jacobs gesê. Die vrou se twee kinders was saam met haar in die huis.

“Die kinders is met ʼn gholfstok aangerand, maar ek verneem hulle is nie ernstig beseer nie. Die aanvallers het egter die vrou gedwing om die kluis oop te sluit. Daar was vermoedelik ʼn struweling en sy is in haar gesig geskiet.”

Jacobs het gesê die vrou is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem. Sy sal glo binnekort geopereer word om die koeël uit haar skedel te verwyder.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die kleinhoewe-aanval bevestig en gesê die polisie sal binnekort ʼn verklaring oor die voorval uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Nog n plaas asnval fit is vir my met n groot hartseer dat mense so aangeval en vermoor word die angs en sielkundige effek wat nagelaat word is so so onnodige op kinders en grootmense wat deur sulke donge moet gaan MAG GOD HULLE GENADIG wrees

dance ·

Mense moet n veilige area skep met n stewige veiligheidshek wat die slaap area van die res van die huis skei. Enige ongebruike kamers se deure moet gesluit wees. Sit ook daai telivisie af want daai klank van glas wat breek word in jou slaap met die gemors op die tv verwar.

Giel ·

Mooi man……n vrou word in Spur gedreig en die land gaan mal.
n Vrou en haar kinders word in haar huis aangerand en geskiet……kom ons kyk hoe mal gaan die een raak. Sal nooit weer n word van die een hoor.
Baie sterkte mevrou.

Nogal ·

Hoekom sal die haan kraai na die aanval?? Is WIT wat aangeval is daarom.
Niemand sal gedreig of geskors word nie want is nie belangrik.
NIKS word gedoen om plaasaanvalle en oumense wat sagte tekens is te beskerm nie.
NIE belangrik genoeg om dit te stop in die parliament!
Wag tot een van hulle eie ouers/familie lese so gemartel of doodgemaak word dan praat ons weer!!

PIET ·

Jys reg Giel, dit sal nie eers die SAUK se radio uitsendings haal nie, maar die wit ou wat n swartvrou n paar woorde toesnou is hoofnuus.

Geregtigheid ? ·

Giel, jy is so reg !!!! Niemand sal ooit hieroor iets se nie, want dan word daar op “fyn, politieke toontjies” getrap. Liberalisme is ‘n ongeneeslike Kanker wat gemeenskappe verwoes !!!! Ek wens ek kon my ware gevoelens hier verwoord, maar uit die aard van die vervolging in ons land, sal ek in groot moeilikheid beland !!!

Julie Vorster ·

Die massas sal nie hiervan hoor of sien nie want dit is nie op facebook nie!!!!

Simon ·

Jy is reg Giel. Ons blankes se lewens beteken niks. Ons eie media is te bang om berigte hoofnuus te maak, maar laat een van die “verdrukte” of beskermde spesie iets aangedoen word, word dit luidkeels uitgesaai. Almal van die media is bang en wil net polities korrek te wees.

Jannie ·

Toe wys ons poelisie hoe ophef kan Jul van dit maak en vang die skelms soos Jul ons mos gou wil vang

Ada ·

Jy is reg Giel. Ja ‘n groot stilswye gaan volg, Ek kan nie oor die onregverdigheid van die Spur ding kom nie. Ek is so bly dat ek hulle boikot. Dit voel goed.
Ek hoop die vrou en haar kinders kom gou deir hierdie nagmerrie. Dink aan julle en julle,families. Sterkte vorentoe.

marous ·

SES teen ‘n vrou en twee kinders ? Hul lewens opgefoeter deur ‘n lafhartige spul gemors . Hoe maak ‘n mens vrede met jou gemoed as dit dag en nag aangaan? Hoe leef mens met die wete saam dat dit nie ‘n kwessie van wie volgende is nie , maar waneer????

Elsa ·

Sigbaarheid van Polisie en Sekuriteitsmaatskapye..kan DIE probleem oplos…almal moes wapens ingee maar rowers het wapens..? daar os baie wat graag veiligheidsdiens sal wil doen wat eerbaar, betroubaar en veilg sal wees….my vraag : hoe weet die rowers daar is ‘n kluis?

jennefer ·

Mense moet besef dat dit nie skatryk mense is wat op kleinhoewes/plase woon nie. Wat daarvan as iemand n voedselprojek begin vir plaashonde gefinansier deur stadsbewoners. Ekself het 8 honde, die bedrag wat ek aan hul spandeer is heelwat. Om hulle in die huis te laat slaap moet hul skoon en vlooivry wees.

Heleen ·

@Jennifer – wat sê jy? Wat het inwoning op ‘n plaas/kleinhoewe met ‘n voedselprojek vir plaashonde te doen? Of bedoel jy mense moet meer honde aanhou in hul huise en ander mense kan help met die projek om dié honde te voer/was/dip. Dan help ek veel eerder my plaaslike dierebeskermingsorganisasie deur honde daar aan te neem of skenkings daar te maak. En ook, mense moet begin besef dat om op plase en kleinhoewes te bly, maak hul sagte teikens. Daar is nêrens 100% veilig nie, nie eens in sekuriteitskomplekse nie, maar sekere opsies is veiliger as ander!

Magda Uitzinger ·

Stem absoluut saam. Ek bly in die stad,maar my honde slaap langs my bed,almal van hulle. Ek het veiligheidshekke voor al die buitedeure en ook een tussen die slaapkamers en res van die huis. Maar honde in die huis is ‘n moet vir die tyd waarin ons lewe. My Deense hond sal dink dit is ‘n voorgereg

Catryn ·

@Giel .. as mense fisies aangerand of vermoor word, is dit niks nie, die liberaal verligtes sal nie ‘n spoegie daaroor plaas of kommentaar lewer nie, want vir hulle is dit net nog iemand uit hulle pad uit.

Selfbeskikking is ons enigste opsie, beweeg nader aan mekaar, fokus op 4-5 gebiede, daar is reeds geidentifiseer deur die 1994 Volkstaatraad, dit sal in ons eie guns tel as ons meer gekonsentreerd op 4-5 gebiede bly, ons veiligheid kan beter gehandhaaf word, ons voedselbronne kan beter effektief wees as “landwyd” en ons belastings gaan na ons eie areas toe vir onderhoud, opgradering, ens… sodat ons almal saam uiteindelik ons eie onafhanklikheid kan verkry … enige ander voorstel ? Selfbeskikking is ‘n internasionale reg.

AL ·

Die areas sal seker die Noord-Kaap wees? Aangesien dit die provinsie is met die kleinste bevolking?

Karma ·

Orania? Daar groei die “niks” mos knie-hoogte! Tensy iemand ‘n moewiese klomp geld in die Afrikanergemeenskappie instoot en werklik iets omtrent ontwikkeling gaan doen, gaan dit maar net die klein dorpie bly wat dit is.

Wanneer gaan die mense leer? ·

6 aanvallers teen 1 vrou en 2 kinders
Kom in nag,
vrou word eers wakker NADAT hulle in die huis in gebtreek het.
Glas gebreek
Dwing haar om KLUIS oop te sluit
Rand kinders met golfstokke aan, maar hulle is nie beseer nie?

Waneer gaan die mense leer om klein wag hondjies BINNE in huis aan te hou. Ganse raas NET so hard buite as hulle gepla word. Waar is die alarms?
HOEKOM hou julle nog jul waardevolle goed in kluise aan?
En NATUURLIK is die kinders beseer, FLIPPIT, GEEN kind moet 1-2am deur 6 volwassenes met golfstokke OF enige iets anders aangerand word nie. PUNT
Vrou geskiet , dis ook nie nodig nie

huggy bear ·

Hoe weet booswigte dat daar n kluis is waarin wapens geberg word?
Baie moeilike vraag om te antwoord.
Kom ons probeer n antwoord.kry.

As iemand n vuurwapen wil aanskaf moet hy eers goedkeuring by die polisie kry.
Goedkeuring behels.dat jy n kluis sal besit waarin die wapen veilig geberg kan word.

Nou toe nou, nè. Hoe.moeilik is dit nou om te weet waar die vuurwapen gehou sal word?
Dring nie aan om vuurwapen te kry nie, maar dring aan op sleutels van kluis en VOILA, daar is die.vuurwapen op n skinkbord vir jou uitgestal. Vir wie moet ons nou dankie se dat die wapen “veilig” geberg is en dat die booswigte PRESIES weet waar om dit te kry?

Ek vra maar net.

rafel ·

Lees prof Rudolph Zinn se boek Home Invasion.
Niemand gaan ons beskerm behalwe onsself es nie.

Willie ·

SPUR kry meer publikasie, met n russiepit, en hulle onvermoe om die kinder kamer se aanranding te wys… Maar n vrou word in die gesig geskied, en kinders met n golfstok geslaan??? Ai hoop die vrou alle sterkte toe…

Peet J ·

Catryn, waar is die gebiede wat reeds deur die 1994 Volksraad ge-identifiseer is vir selfbeskikking ek hou die spasie dop, dankie ?

Jane ·

Blankes wat aangerand, vermoor of gemartel word kry geen aandag in die HOOFSTROOM media nie, as MM nie daaroor berig nie gaan dit stil stil verby. Snaaks hoe die videos van die Spur insident en die doodskisinsident die wereld ingestuur is maar daar is GEEN videos oor die plaasmoorde wat die wereld kan sien nie. Hulle word of afgehaal, of vorder glad nie verder as na een of twee persone nie. Die hele wereld is up and arms oor die Spur “rassistiese” insident wat selfs sommige mense van kleur nie dink rassisme is as nie een van die twee na mekaar se kleur verwys het nie, TOG is daar natuurlik die ander wat nou wil wit babas vermoor en vrouens verkrag en dit oral op sosiale media uitblaker en NIKS word daaraan gedoen nie, die MRK en EFF en DA is doodstil, hulle word nie aangekla nie, geen aksie word teen hulle geneem nie, dit is SKANDELIK. Ons MOENIE stilword nie, onthou net die anderskleuriges het 40 jaar oor apartheid aangegaan, oorsee en oral TOT iemand geluister het, so MOENIE dink ons is te min of niemand gaan luister nie .. die SAADJIE wat jy vandag saai, word MORE ‘n plantjie, en dra later vrugte. MOENIE OPGEE NIE< stuur dit uit na die WERELD daarbuite, onthou dinge het verander, baie Suid AFrikaners bly in ander lande en kan die woord VERSPREI daar ook.

Gese k ·

Nog een wanneer gaan daar iets gedoen word.Nee Rerig mens mag net dink deesdae MAG MOS NIE MEER PRAAT NIE!!!!!!

olie ·

Skande, Skande, skande, skande en skanke….dit maak my siek

Rudi ·

Maak my so onsteld ,of die aanvallers swart of wit is ,gee ek nie om nie ,dit bly lafhartig om op so manier mense te behandel ,om vrou alleen en kinders aan te val ,Ek sit vanogend en dink ,almal vra ,hoekom staan ONS nie saam nie ? Die eintlike rede hiervoor is ,sodra een van ons n uitlating maak oor ONS vertrapte regte en ons haat probeer uit bring op die mooiste manier moontlik (want ONS raak gatvol ) dan word ONS vervolg en beswadder deur die media en die ANDER,ons loop rond met n “tag” aan ons ore “Rasiste” en en en ,ek is so gatvol vir die sogenoemde “RACE” kaart ek wil al opbring van dit ,dalk moet ONS as volk ook so geraas begin maak van niks ,moan oor alles want kom ek se namens ons volk ,ONS IS BEDERF EN WEET NIE MEER HOE OM TE KLA NIE ,Want glo my ,HULLE staan saam deur te protes en honderde duisende stemme een groot stem te maak ,maar vanaand moor hulle mekaar ook uit .

Onthou net die maklikste manier (nog in elke oorlog in die geskiedenis) om n groep te breek is om vrees in hulle te jaag en dis wat nou gebeur met ons volk ,ons moet opstaan as een man en nie alleen soos die Spur geval nie .

david ras ·

Wat nou aangaan is niks minder as terrorisme nie….
Ek wens mense wil bietjie die geskiedenis van Nazi Duitsland van 1931 —1939 begin leer. Hitler het ‘n klomp kriminele gehad wat die Joodse minderheid deurentyd aangeval het.
Hulle was bekend as die bruinhemde. Die doel van hierdie aanvalle was om die Jode te dwing om Duitsland te verlaat.
Die hoogtepunt van die aanvalle was die berugte “Kristallnacht–” verwysend na die Kristal ligskerms in die Jode se huise.
Dit help nie ons dans al om die waarheid met allerhande semantiese gimnastiekspronge hieroor nie.
Hoe verdoesel mens die werklike motief vir so ‘n aanval..? Eenvoudig : steel net iets van die slagoffer, dan verander die STATUS van die daad en sien almal dit as gewone kriminaliteit en ignoreer die moontlikheid van ‘n politieke doelwit.

Daar is doodeenvoudig net te veel swart-op-wit aanvalle om die moontlikheid van terrorisme te ignoreer…
Wat die groter media se klaarblyklike weiering om die nodige publisiteit te verleen, kan mens maar net jou kop in verbasing skud.

Ek kyk weer na ‘n Rapport van 2006 se skreeuende voorblad opskrif:”HERE, SO KAN DIT NIE AANGAAN NIE!”met ‘n verslag oor al die moorde…

En tog, 11 jaar later gaan dit net so aan…..en selfs erger.
Hoekom ?

zeno ·

Hulle is mos te lafhartig om een,een mense aan te val,want dan weet hulle,hulle gaan laaste kom.

Theresa ·

Iewers hierbo is ‘n kommentaar wat sê (suggereer) mense moet liewer nie meer op plase en kleinhoewes woon nie. Natuurlik moet mens daar kan woon. En na hartelus! Dis die misdadigers wat nêrens moet welkom voel nie. Moet plattelanders dan nou die hele platteland verlaat en stad toe kom? Sterkte aan die aangerande gesin. Mag die mense wat betrokke was aan hierdie vieslikheid, gevang word en gestraf word omdat hul soos hopeloos te veel kriminele, ONWELKOM hulself in iemand anders se spasie gaan indwing het.

Rynhardt ·

Met hierdie aanval wat in die oggendure plaasgevind het, het die tradisie van plaasaanvalle nou verskuif dat dit meer in die nag moet geskied?? Boere wees net op en wakker ten alle tye!

Ekke ·

Vreeslik hartseer.sy werk saam my..so pas verneem syt haar oog verloor…asb ek vra gebed vir familie..vir krag..om als te verwerk..baie dankie.

Ouvrou ·

Jane, nou waar gaan mens n video kry van mense wat vermoor word. Of selfs aangerand word. As mens so iets kon bekom dan sit jy dit op facebook en boeta dan sal jy darem reaksie kry.

Jane ·

Ouvrou, ek dink regtig die familielede wat op die oorledenes afkom kan videos neem van die kamers en die oorledenes om te wys hoe wreedaardig hierdie mense vermoor is, ook wanneer hulle geslaan en gebrand en met messe en pangas gesteek is, al die wonde afneem, die bloed teen die mure, op die beddens en vloere. Hoekom word dit weggesteek? Die polisie mag dalk die fotos wat hulle neem geheim hou , maar die familie en vriende moet wat daarop afkom moet onmiddellik begin fotos neem en videos om die wreedaardigheid hiervan aan die wereld daarbuite uit te dra. Mense moet fotos neem van hulle familie in hospitale wat uitmekaar geslaan en verbrand en vermink is, hoekom word dit nie oral gepubliseer nie? Daar is al heelwat plaasaanvalle wat op kringtelevisie afgeneem is, hoekom word dit nie bekendgemaak soos die SPUR voorval nie? Hoekom hou die polisie dit? Hoekom word die videos van die massas wat universiteite verbrand en vernietig en klipgooi nie ook afgeneem en die wereld ingestuur nie? Hoe het Hector Peterson bekendheid verwerf en simpatie gekry? DEUR “N FOTO!!!

Wally Du Plessis ·

Dis tyd dat julle die mans wat nie werk het nie gebruik om julle areas te patroleer in die dag en aand!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.