Vrou in hof na Groblersdal-moord

Patricia Ray-Lee Smith. Foto: Facebook

Patricia Ray-Lee Smith (23) het Donderdag in die Groblersdal-landdroshof verskyn in verband met die moord op Raymond Gregory Papapavlou (28).

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het gesê Smith sal Vrydag om borgtog aansoek doen en bly in aanhouding. Smith is vroeër die week in Kemptonpark in hegtenis geneem. Sy was glo na aan Papapavlou en sy vrou, Simone.

Polisiebeamptes is in die vroeë oggendure van Maandag 5 Oktober na die plaas Frischgewagt tussen Stofberg en Groblersdal ontbied waar Papapavlou se liggaam met verskeie skietwonde in een van die vertrekke in die plaashuis aangetref is.

Raymond Gregory Papapavlou en sy vrou. (Foto: Facebook)

Papapavlou se vrou en ander lede van die gemeenskap was by die polisie se aankoms op die toneel.

Lede van die gemeenskap het glo vroeër die nag ʼn veldbrand op die betrokke plaas gesien en Papapavlou se vrou het net voor middernag gebel en gesê dat haar man in die plaashuis doodgeskiet is.

Papapavlou se vrou het glo op die toneel verduidelik dat sy op ʼn rusbank saam met die egpaar se hond in die een vertrek gelê en slaap het en Papapavlou in ʼn ander.

Volgens haar het die aanvallers moontlik toegang tot die huis deur ʼn venster gekry waarna sy na bewering wakker geword het van vyf skote. Sy het toe glo self sewe skote met haar vuurwapen afgevuur om die aanvallers te verjaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blikke ·

Ek dink die waarheid is reeds uit….net n kwessie van tyd voor nog inhegtenisname gaan plaasvind. Die skrif is aan die muur!!!

Aai ·

Van die begin af gese iets nie reg hier die mooi donkerkop gaan ook sit.

Androclus ·

Ek sê dieselfde en daardie foto op die berig sy lyk nie lekker nie.

Leah ·

Robert, nou hoekom word hierdie nie as ‘n plaasmoord gesien nie? Is dit omdat dit omdat die vrou die man geken het dat jy dit sê? Die vrou het nogsteeds ‘n boer vermoor en hy het op ‘n plaas gebly right? sy het nogsteeds haat in haar gehad teenoor die persoon? Dus verstaan ek nie hoekom jy sê dit is nie ‘n plaasmoord nie?

Dries ·

Plaasmoorde vind plaas wanneer iemand vermoor word juis omdat hulle boere is. Hierdie moord het waarskynlik niks met die vermoorde se beroep te doen nie, hy sou in ‘n woonstel in Centurion ook vermoor kon word vir dieselfde redes as waarvoor hy hier moes sterf.

Leah ·

Volgens my is die amptelike definisie soos in die 1997/98 bekend gestel en saamgevat is in the polisie se landelike veiligheidstrategie die volgende: “Geweldsdade teen persone of plase en kleinhoewes verwys na dade gemik op ‘n persoon/persone wat op plase en kleinhoewes woon, werk, of besoek, hetsy die motiewe verwant is aan ideologie, gronddispuut, grondkwessies, wraak, griewe, rassekwessies of intimidasie, ingesluit”

Indirekte dade- soos intimidasie, brandstigting en kwaadwillige skade aan eindom – is ook ingesluit.

Maar verder is daar ook geen amptelike misdaadkategorie (so ver my kennis strek) genaamd plaasaanval of plaasmoord nie en word net onderskryf as moord, verkragting, of dan aanranding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.