Vrou in hof ná kinderontvoering

(Foto ter illustrasie: Unsplash)

ʼn Vrou verskyn na verwagting Woensdag in die Brits-landdroshof nadat sy vroeër vir die ontvoering van ʼn ses weke oue baba aangekeer is.

Klein Ofentse Kutumela is verlede maand ontvoer toe sy ma, Suzan Kutumela (19), die seuntjie by ʼn onbekende vrou buite ʼn winkel gelaat het om te gaan kos koop. Die vrou het ook ʼn baba by haar gehad. Met Kutumela se terugkeer uit die winkel was al drie egter skoonveld.

Maria Nkabinde, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die verdagte is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem nadat die seuntjie se pa ʼn anonieme oproep ontvang het oor waar die baba hom bevind.

Hy het dadelik die polisie in kennis gestel en dié het gister op ʼn huis in Siyahlala, in Oukasie buite Brits, toegeslaan.

Nkabinde het gesê die polisie het die baba by die huis gevind. Hy was ongedeerd en is aan sy ouers terugbesorg.

Die polisie het die gemeenskap bedank vir die inligting wat tot Ofentse se suksesvolle opsporing gelei het en het weereens die waarde van samewerking tussen inwoners en die polisie benadruk om misdaad te stuit.

Die 53-jarige verdagte word van ontvoering aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lollapot ·

Baie dankie aan die lede van Brits SAPD! Well done!
Ofentse ek is dankbaar dat jy terug is by jou mamma!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.