Vrou in hof ná moord op musikant

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die hip-hop-musikant Nkululeko “Flabba” Habedi, sal na verwagting Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Habedi, ʼn lid van die hip-hop-groep Skwatta Kamp, is Maandag in die vroeë oggendure met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, vermoedelik deur sy vriendin. Volgens die polisie is hulle omstreeks 04:00 Maandagoggend na Habedi (38) se huis in Alexandra ontbied. Die vrou is op die toneel in hegtenis geneem.

Volgens Tshepang Habedi, woordvoerder van die familie, is sy broer in die hart gesteek met die skerp voorwerp. Ondersteuners het Maandag voor Flabba se huis bymekaargekom om hul laaste eer aan hom te betoon.

Mokotedi Mpshane, ʼn vriend van Flabba, het gesê hy was plat op die aarde en dat dit sy musiek beïnvloed het. “Ons sou net gesit en gesels het en dan sou hy vir jou sê jy het pas vir hom liriek gegee vir ʼn liedjie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.