Vrou in hof ná skilder se moord

Walter Meyer. Foto: http://www.waltermeyer.co.za

Sophia Meyer, die vrou van die bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder, Walter Meyer, het Vrydag in die Upington-landdroshof verskyn in verband met sy moord.

Sophia word daarvan beskuldig dat sy Meyer verlede Vrydag tydens ʼn rusie met ʼn mes doodgesteek het. Die voorval het glo in die egpaar se huis in Upington gebeur. Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 5 Januarie 2018 uitgestel wanneer Sophia om borgtog sal aansoek doen. Sy sal tot dan in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Sophia is Meyer se tweede vrou en die ma van twee van sy kinders. Meyer het ook twee kinders uit sy eerste huwelik.

Intussen het mense uit alle oorde met skok op Meyer se dood gereageer. Die kunstenaar Beezy Bailey het op Facebook geskryf hy het net ʼn week gelede telefonies met Meyer gepraat toe Meyer hom gebel het om te sê dat hy ʼn klein skildery vir Bailey het. “Ek het nooit gedink jy sal oud word nie, maar wat ʼn skok om te hoor dat jy so jonk brutaal geruk is uit hierdie wêreld wat jy mooier gemaak het,” het Bailey geskryf.

“Jy het banale son-gebleikte woestyne laat lewe en skitter. Jy was ʼn meester. Lig het uit jou skilderye gekom. Suid-Afrika het een van ons baie min groot skilders verloor. ʼn Reus het geval. Mag jy ewige vrede en lig vind.”

Catharina Scheepers, Meyer se eerste vrou, het aan RSG gesê Meyer was passievol in alles wat hy gedoen het en het “die beker van die lewe tot op die bodem leeggedrink”.

“Hy het altyd gewroeg oor die lewe en oor alles, maar hy het darem ʼn sin vir humor gehad om dit te balanseer.”

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het op Twitter gesê hy was geskok en hartseer om van “die ikoniese Walter Meyer” se dood te verneem. Hy het sy medelye aan sy familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lollie ·

Mense ken hom as ń wonderlike mens. Ek het hom glad nie geken nie maar die mense moet onthou jy ken iemand eers werklik as jy saam met hom bly.

jaco ·

dis darem maklike polisiewerk: blameer sommer dadelik die oorlede wit man se vrou. dit terwyl ons in n land met die hoogste moordsyfer in die wereld bly. maar wag, ek onthou nou: die slagoffer is mos wit, so sy dood is seker maar net die gevolg van gewone misdaad wat volgens ons minister van polisie heeltemal onder beheer is.

Cherokee ·

jaco, jy poog dieselfde misleidende poging tot kommentaar weer nadat jy in ‘n ander forum daarop gewys is dat sy vrou nie wit is nie. Hou op daarmee om jouself belaglik te maak.

Anoniem ·

Dis waar wat jy se Lollie niemand weet way tussen 4 mure aangasn in n hueelik rn twee mense nie . Baie sterkte aan su familie en veryroosting aan sy 4 kinders !!?

jaco ·

lyk my niemand sien die patroon raak nie: amper elke keer waar n wit mens vermoor word, blameer die SAPD en later die howe sommer vinnig ‘n wit naasbestaande. ek het n lys voorbeelde, maar niemand stel meer belang nie.
Daar sal belangstelling wees eendag wanneer dit te laat is…

Adam ·

Jaco. Geen mens het die reg om ander mense te vermoor nie en kleur is boonop totaal irrelevant by geweldsmisdaad. Indien jy jouself as ‘n Afrikaner beskou, behoort dit nie ‘n probleem te wees om dit te verstaan nie.

Charmaine ·

Ok Jaco,se gou deur wie se hand is Reeva,klein Poppie en die Steenkamps vermoor??Vlg keer dink voor jy iets se,want baie andere word deur hul eie mense vermoor..

Rabes ·

Wat ek nie kan kleinkry nie hoekom moet daar altyd na ‘n mes gegryp word as daar geargumenteer word. Die howe moet ‘n voorbeeld maak van sulke aanvallers.

Marlene ·

Niemand op aarde, het die reg om ‘n ander se lewe te neem nie. Punt.

madels ·

Onthou mense, baie keer gaan daar dinge aan in n huwelik wat niemand van weet nie. Wie se dat hy so wonderlike man was, dalk was hy n man wat sy vrou absoluut hel gegee het maar vir die mense daarbuite is hy n engel. Ek praat nie die situasie reg nie, moord is moord en dis verskriklik dat hy so vroeg in sy lewe op so n wreedaardige wyse vermoor is… maar pasop om sy vrou te veroordeel……….

PJC ·

Ek sê weer nadat ek hierdie arme ou se vrou op tv en in die koerante gesien het ek dink hy het ń ernstige oordeelsfout begaan om hom met haar te bemoei.

N Lourens Reitz ·

Cherokee maak vir my die kommentaar duidelik asb. van Jaco.Dit is nie vir my duidelik nie
Dankie

Kat ·

Die waarheid sal uitkom veral na die koerant berig van vandag toe ek sien hoedat die vrou lyk.Ek kan nou agterkom hoe die vurk in die hef steek.

PJC ·

Lyk vir my of hierdie voorval ń sensitiewe aangeleentheid was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.