Vrou in hof ná sy glo baba uit baarmoeder sny

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n baba uit ’n hoogswanger vrou se baarmoeder gesny het, het Dinsdag weer in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn.

Brig. Gérard Labuschagne, hoof van die polisie se sielkundige ondersoekeenheid, het Dinsdag getuig oor ‘n verslag wat hy opgestel het oor Loretta Cook se beweerde misdade.

Cook word aangekla van die moord op Velencia Behrens in Januarie 2012. Cook het glo Behrens se ongebore baba uit haar baarmoeder gesny in ‘n poging om die baba te steel. Cook het lank voorgegee dat sy swanger is. Sy word ook van poging tot moord op die baba aangekla. Die baba het oorleef.

“Sy [Cook] het tydens April of Mei 2011 vir haar kêrel gesê sy is swanger. Dit beteken sy moes in Desember 2011 of Januarie 2012 geboorte geskenk het,” het Labuschagne getuig. Hy meen Cook het moontlik voorgegee dat sy swanger was om haar verhouding met haar kêrel te verbeter.

Labuschagne sê Cook het in die twee maande voor sy in Desember 2011 op kraamverlof gegaan het, talle inskrywings op Facebook gemaak oor haar “swangerskap”.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anita ·

Hierdie dame is sonder gewete en moet vir altyd verwyder word uit die samelewing’ sy is nie siek nie net ‘n krimineel. Plaas haar in ‘n gevangenis en gooi die sleutel weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.