Vrou in hof ná sy glo onnie aanrand

Itumeleng Lizbeth Letsepe. Foto: ANA

Die 40-jarige vrou wat daarvan aangekla word dat sy ʼn onderwyseres met ʼn sambreel aangeval het, het Maandag vlugtig in die Mankwe-landdroshof in Noordwes verskyn.

Die saak teen Itumeleng Lizbeth Letsepe is tot 4 Maart uitgestel wanneer sy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Letsepe het aan die hof gesê dat sy haarself sal verdedig. Sy staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Letsepe het Mpuseng Sepotokele (52) glo Vrydag by die Leema Primary School in Tlhatlaganyane buite Rustenburg aangeval.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die verdagte het die onderwyseres daarvan beskuldig dat sy haar kind sleg behandel het.

“Sy het glo aan die onderwyseres gesê dat sy haar ʼn les sal leer. Die onderwyseres het glo nog probeer verduidelik dat sy nie kinders sleg behandel nie toe die verdagte haar met ʼn sambreel begin aanval het.”

Sepotokele het beserings aan haar kop en hande opgedoen. “Die verdagte het van die toneel gevlug en die slagoffer het die skoolperseel binnegegaan voor sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.”

Tselanyane het gesê die polisie is na die toneel ontbied en was nog besig om verklarings af te neem toe lede van die gemeenskap die verdagte na die skool gebring het.

Maroela Media het vroeër berig Sepotokele is ʼn gr. 3-onderwyseres.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

honourable member ·

Klink my om n onderwyser in hierdie land te wees is al amper gevaarliker as om n polisieman te wees.

AmY ·

Ek stem. Hulle werk is BAIE GEVAARLIK, en hulle mag hulself nie eens verdedig nie, dan word hulle hof toe gesleep…

Judge Dredd ·

Onderwysers moet maar maak soos die polisie. Staan en toekyk.

Cherokee ·

Lees weer.. ‘n ouer het die onderwyseres aangeval. Die ouer is hof toe gesleep – met reg.

Colleen ·

Dit klink nie so nie, dit is so. Die kinders het mos regte en die onderwysers geen regte nie. As die onopgevoede en onmanierlike bloedjies soos diere optree is dit niks en dit is nie ‘n onderwyser se plig om ‘n kind maniere te leer nie. Die sleg ouers moet hul kinders tuis leer wat is respek en goeie maniere.

Mic ·

Dit is hoekom die kinders hulle ook so gedra… Want die ouers is narre ?

Ondie ·

@Judge Dredd, dis presies wat ek en my kolegas nou doen, as n kind nie wil luister nie, en nie ore het nie, los ons hulle helemal, dan wanneer hul begin stress dat hul gaan druip, raai wie se kans is dit dan om net nie te luister nie.

Ja né ·

Nou met so ‘n ma kan ‘n mens net dink met watter maniere die arme bloeitjie by die skool aankom. Tog so gou om die onderwysers te blameer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Laat ‘n mens nou wragtag iemand moet gaan bydam omdat jou bloedjie nie 30% gehaal het nie……….en toe daaroor uitgetrap is?? Onderwysers moet maar lig loop…..sambreel terapie is aan die orde van die dag!!

jaco ·

as dit nou n wit ouer was wat n swart onderwyser geslaan het, was alle hel los
as dit n swart ouer was wat n wit onderwyser geslaan het, is die saak vinnig toegesmeer en daar sou selfs gese word dat die wit onderwyser daarvoor gesoek het
MAAR hier slaan n swart ouer nou n swart onderwyser, so “our people” is nou lelik met “our people”. Wat nou gemaak?

Penellope Jones ·

Bendes, leerlinge, sommige se ouers, unies “regeer” die land,. . . . . . .
Hulle stel die voorbeelde aan ander, die “perke”, gee opdrag wat hul volgende moet kry ens.

Alida ·

Our people moet dit maar onder mekaar uit baklei. Lekker mam

Dottie ·

Wil nie weet watse maniere dié kind het as die Ma so optree nie.

Dries du Toit ·

Jaaa nou hoor jy niks van die EFF nie. Wonder of dit n EFF ma is en n ANC onderwyseres. Of is dit dalk die EFF wat die EFF slaan

Trots ·

Lyk soos n pragtige 40 jarige ouer wat net haar kind beskerm het.
Goed opgevoed en geskool met voorbeeldige ouers en n blink toekoms.
n Ware aanwins vir n land, wonderlike burger.

Eddy ·

Dis presies waarom kinders onderwysers aanval.Want kinders sien hul ouers doen dit.So kinders kyk wat ons as volwassenes doen en volg daai voorbeeld.In my buurt het so n aanval op n onderwyseres plaasgevind en daai arme juffrou was so getraumatiseerd dat sy sommer die onderwys beroep gelos het

Db ·

Dink net as daardie lyf die onderwyseres met die vuis moes bykom!!!!!!!!!!!!!

Annelize ·

Die arrogansie en eie ek skree uit haar uit. Haar kinders is seker eerste klas leerlinge….

Marie ·

Kyk ek stem saam met julle almal. Maar by my kinders se skool is die onderwyser/es die boelies en party van daai wat hulself onderwyser of onderwyseres noem is nie eers die naam werd nie. Ons kinders verloor al die pad want nie eers die hoof het ‘n ruggraat nie.
Ek weet van ouers wat op ‘n daaglikse basis by die skool is. Ouers raak gatvol!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.