Patience Matsaa is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 21 Augustus uitgestel. Matsaa, wat in Boitekong woon, is Maandag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn dag oue baba by die Job Shimankane-hospitaal ontvoer het.
Die ma van die baba het glo buite die hospitaal gestaan nadat sy en haar baba ontslaan is toe die verdagte haar glo genader het. “Sy het die ma gelukgewens met haar nuwe baba en haar R23 aangebied om kos te koop. Die vrou het die baba aan die verdagte gegee en is na die hospitaalwinkel om kos te koop,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê. “Toe sy terugkom, was die verdagte weg.”
Die polisie is dadelik in kennis gestel en die ondersoek het hulle na Sondela, naby Boitekong in Rustenburg gelei. Daar het hulle die vrou en die kind by die vrou se ouerhuis opgespoor. “Die verdagte is in hegtenis geneem en word by die Rustenburg-polisiekantoor aangehou,” het Ramaloko gesê.
Dis net stupid om jou kind vir n vreemdeling te gee en te loop om kos te koop…