Vrou in hof oor baba se ontvoering

Baxolile Fem-Fem. Foto: SAPD

Baxolile Fem-Fem. Foto: SAPD

ʼn Skoonmaker by die Groote Schuur-hospitaal het Maandag in die Kaapstad-distrikshof verskyn nadat sy glo ʼn baba uit die kraamsaal ontvoer het.

Tobekaya Mgqaza (35) het voor landdros Joe Magele verskyn en is nie gevra om te pleit nie. Die saak is tot 13 Februarie uitgestel wanneer sy na verwagting om borg sal aansoek doen.

Volgens die klagstaat is Mgqaza Vrydag in by haar huis in die Harare informele nedersetting in Khayelitsha in hegtenis geneem nadat die baba by haar gevind is.

Die staat het aangevoer dat hy borg sal teenstaan. Die prokureur vir die verdediging het aangevoer dat Mgqaza geen vorige veroordelings het nie en ʼn vaste blyplek het.

Mgqaza word daarvan aangekla dat sy Baxolile Fem-Fem op Nuwejaarsdag ontvoer het terwyl hy in sy bababedjie langs sy ma se bed in die hospitaal geslaap het.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Dit klink vir my of sy graag ‘n kind wou he? Kon sy nie aanneem nie? Daar word elke dag kinders wees gelaat …

Drieks ·

Hierdie kan dalk ‘n hartseer kultuur storie wees, waar die vrou moed ‘n kind baar vir haar man. Baie vrouens steel dan ‘n baba as hul nie swanger raak nie. Ek raai maar net….. Want haar man mag dan ‘n ander vrou vat om ‘n kind te kry.

THEA SWART ·

asjas – jys sommer nou lekker deurmekaar hoekom sal sy wil aanneem as ons Liewe Vader haar geskape het om self kinders te baar – in elke geval maak sy hulle self groot – hoekom moet sy aanneem as sy nog jonk genoeg is vir babas kry – voorspoed julle en baie geluk mag daar sommer nog baie van hulle wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.