Vrou in hof oor babalykies in vrieskas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige vrou het Donderdag in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat daar vier babalykies in ʼn vrieskas by haar huis gevind is.

“Sy het in die hof verskyn en die saak is tot 18 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek,” het Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê. “Sy bly in aanhouding. Sy het nog nie gepleit nie.”

Die vier babas se lykies is Saterdag in ʼn huis in New Brighton gevind nadat die polisie op ʼn wenk gereageer het. Polisiebeamptes moes by die huis inbreek aangesien die eienaar nie tuis was nie. Huurders het aan die polisie gesê die vrou is in Johannesburg om ʼn begrafnis by te woon.

Die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem. “Sy beweer sy is die ma van al vier die babas, maar ons stem nie saam met haar nie en DNS-toetse sal gedoen word,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Fatyela is daar ʼn skoenveter om een van die babas se nekke gevind en dui dit daarop dat hulle moontlik verwurg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M Bester ·

Die babas was seker net nodig tot sy die eerste staatstoelaag vir hulle gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.