Vrou in hof oor bedrog by munisipaliteit

Nomfundo Fetsha (Foto: Chris Hani-distriksmunisipaliteit se webwerf)

Nomfundo Fetsha, hoof- finansiële beampte van die Chris Hani-distriksmunisipaliteit (Queenstown in die Oos-Kaap), het Maandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Fetsha het haarself vroeër tydens die ondersoek self oorgegee aan die polisie. Sy is Maandag vrygelaat op borgtog van R2 000.

Fetsha en sakeman Mfundo Kwani, direkteur van Mfuraa Projects and General CC, word beskuldig van bedrog ter waarde van R100 000. Sy word daarvan verdink dat sy die geld misbruik het wat bedoel was vir ʼn 2016-jeugprogram.

Die R100 000-borg van Zana Manzi Services moes aangewend word om sokker- en netbalstelle vir 100 kinders by Siyanda Aviation Awareness Camp in die Chris Hani-distrik aan te koop.

Fetsha het na bewering die geld deur Mfuraa Projects se bankrekening, Kwani se maatskappy, gekanaliseer.

Volgens die klagstaat het Fetsha in Julie 2016 ʼn brief aan Zana Manzi Services gerig en die borgskap van R100 000 vir die jeugprogram versoek. Die maatskappy het op 15 Julie 2016 die geld in die Chris Hani-distriksmunisipaliteit inbetaal.

Fetsha het dieselfde dag nog Silindokuhle Mani genader, voormalige senior rekenmeester by die munisipaliteit. Sy het haar versoek om die geld na Kwani se rekening oor te plaas.

Die staat voer aan Fetsha het nie enige stawende dokumentasie ingedien nie en onderneem om dit later te verskaf.

Mvuyisi Mdzeke, koördineerder van die Siyanda Aviation Awareness Camp, was nie bewus van enige skenkings nie.

Volgens die staat het Fetsha en Kwani saamgesweer en was medepligtiges.

Kwani staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag van vervalsing. Die staat voer aan hy het die faktuur, wat hy aan die polisie oorhandig het, vervals.

Die saak is tot 5 April uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MoneyMoneyMoney ·

Kwani vertrou word nie….
Hulle Fetcha lekker die tjêlêtê …
‘By hook or by crook’ net hier in RSA.

Jane Palotasi ·

As dit al is wat jy sien en geleer word is dit logies dat jy dink dis aanvaarbaar

Hendrik van George ·

Absolute beginners. Wou seker kyk of hulle kon wegkom met “peanuts” voordat hulle die jackpot wou aan vat!

Dries du Toit ·

Ek verseker jou die jackpot word daagliks geslaan in al die ander munisipaliteite waar die ANC regeer. Ons weet nie naastenby van al die korruptiewe transaksies om ons nie. Daai is maar die “tip of the iceberg”

Johan ·

… en kyk net waarop wou hulle in elk geval die geld mors – op sokker en netbalstelle by ‘n “aviation awareness camp”. ‘N AVIATION AWARENESS CAMP!?

George van Bloem ·

Absolute beginners en amateurs en boonop is die R100 000 peanuts . Dis jammer dat die groot kanonne in die ANC munisipaliteite,Eskom,ander staatsinstansies,die regering self en ook instansies soos Bosasa nie met die selfde ywer aangevat word nie. Hoeveel van hulle is al ge-arresteer? Bokkerol. Hierdie arme idiote het seker iemand anders se deel vir hulleself gehou of iemand hoer op in die “food chain” kwaad gemaak. Dis totaal en al belaglik hoe selektief die regerende party is oor wie om te vervolg vir wat.

Jakes Jacobs ·

Die sokker en netbalstelle sal nooit gekoop word nie, want die geld sal nie terugekry word nie, is klaar gebruik vir iets anders en die skuldegis sal nie tronk toe gaan nie.

Willie ·

Snaaks hoe vinnig die klein vissies gevang word, maar die groot visse en roof visse swem te lekker in die see rond…

Schalk ·

Maroela dankie al wat ek sien is swart korupsie.Munisipaliteite eskom noem dit dis soos vuilgoedsakke hulle is oral.Waar is strawwe vir swart boordjie misdaad.Dis tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.