Vrou in hof oor bedrog van R9 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Yolanda Faith Myburg (44) het Dinsdag in die Kuilsrivier-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklag van bedrog ter waarde van ongeveer R9 miljoen.

Sy is vroeër die dag deur die Valke se handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem.

Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die bedrog het oor ʼn tydperk by DHL-koerierdienste in Kempton Park plaasgevind. “Myburg was voortvlugtig sedert haar medebeskuldigde in 2016 in hegtenis geneem is,” het hy gesê. “ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is daarna uitgereik.”

Sy bly in aanhouding en moet op 21 Februarie in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jane ·

Jinne maar DHL maak baie geld as hulle na ‘n TYDPERK eers R9 miljoen mis. Genugtig hulle het omtrent hulle sakke volgelaai. Jammer, geen simpatie, as ek moet werk vir my geld, jy vir joune ook .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.