Vrou in hof oor byna 1 000 Mandrax-tablette

Die klaarverpakte tablette. (Foto: ANA)

ʼn Vrou (41) het Vrydag in die Atlantis-landdroshof noord van Kaapstad in die Wes-Kaap op aanklag van dwelmhandel verskyn, nadat sy in besit van byna 1 000 Mandrax-tablette in dié Kaapse voorstad betrap is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die polisie het Woensdag inligting van gemeenskapslede ontvang oor onwettige dwelmbedrywighede by ʼn spesifieke huis in Atlantis.

Volgens Van Wyk het polisielede omstreeks 15:00 met ʼn lasbrief na die huis in Valkelaan in Robinvale gegaan waar hulle op 940 klaarverpakte Mandrax-tablette en ’n onbekende bedrag kontant afgekom het.

Die vrou is op die plek in hegtenis geneem.

“SAPD-lede sal voortgaan met hul pogings om dwelms in gemeenskappe uit te roei en om diegene wat hulle aan dwelmverwante misdade skuldig maak, in hegtenis te neem,” sê Van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.