Vrou in hof oor ‘ontvoering’ 17 jaar gelede

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat glo 17 jaar gelede ʼn pasgebore baba uit die Grootte Schuur-hospitaal ontvoer het, het Vrydag in die Kaapstad-distrikshof verskyn.

Levina Sabena Solomon (50) het voor landdros Zamekhai Mbalo verskyn. Sy is Donderdag in hegtenis geneem. Solomon word daarvan beskuldig dat sy die baba op 30 April 1997 ontvoer het.

Die saak is tot 6 Maart uitgestel om die staat tyd te gee om meer oor Solomon se agtergrond uit te vind. Dié inligting sal die staat help om te besluit of hy Solomon se borgaansoek sal teenstaan. Solomon moet ook aan ʼn uitkenningsparade deelneem.

Die hof het gelas dat daar nie foto’s van Solomon of inligting oor die ontvoerde meisie bekend gemaak mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.