Levina Sabena Solomon (50) het voor landdros Zamekhai Mbalo verskyn. Sy is Donderdag in hegtenis geneem. Solomon word daarvan beskuldig dat sy die baba op 30 April 1997 ontvoer het.
Die saak is tot 6 Maart uitgestel om die staat tyd te gee om meer oor Solomon se agtergrond uit te vind. Dié inligting sal die staat help om te besluit of hy Solomon se borgaansoek sal teenstaan. Solomon moet ook aan ʼn uitkenningsparade deelneem.
Die hof het gelas dat daar nie foto’s van Solomon of inligting oor die ontvoerde meisie bekend gemaak mag word nie.