Vrou in hof oor R1 miljoen in geiser

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 32-jarige vrou van Welkom in die Vrystaat, het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat gouddraende materiaal en R1 miljoen in kontant in haar besit gevind is.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Lindiwe Skhosana staan tereg op twee aanklagte van die besit van edelmetale en geldwassery. Die aanklagte hou verband met die verkryging, besit en verkoop van onverwerkte edelmetale.

Shuping het gesê Skhosana moet Woensdag weer in die hof verskyn en bly in aanhouding. Skhosana is in hegtenis geneem nadat lede van die Valke inligting ontvang het oor ʼn groot bedrag geld en gouddraende materiaal wat glo versteek word by ʼn huis in Dagbreek.

“Die beampte het die huis deursoek en op 50kg se gouddraende materiaal en goudprosseseringstoerusting beslag gelê,” het kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, gesê. Volgens Nyakana is R1 082 400 in kontant in ʼn ou geiser langs die huis gevind. Die Valke het ook op ʼn voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jef ·

Die verdagte bly in aanhouding omdat al die geld en gouddraende materiaal in haar besit gevind is en ook die verkoop daarvan.
Hoekom kry sy nie borgtog nie, n moordenaar kry wel borgtog.

Cherokee ·

Kla jy omdat sy nie op borg is nie of kla jy omdat hy wel op borg is?
As dit oor haar is, haar miljoen rand is gevat so waarmee sou sy borg betaal?
As dit oor hom is, die geizer is nie oud nie en steeds in die huis.

jaco snyman ·

Waars die plek? Ek dink net ek moet sekermaak die plek is skoon. Die bure moes stilgebly het en die geyser gesteel het…

johann cb ·

Julle sal maak dat ek in my dak inklim en kyk wat in die geiser is! Ek sal natuurlik soos ‘n nat hoender daar uitkom! (^_-)

AGGGG ·

daar is BAIE erger dinge en misdaad wat aangaan in ons land. So moet elkeen sy eie potjie skraap want die land en regering vat en vat en vat net al ons geld. Etol, SARS, belaglike Eskon rekeninge, petrolpryse, kospryse ens ens ens. En daardie geld en gouddraende materiaal gaan seker vir die polisie manne en hulle tjommies opgedeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.