[Video] Vrou in hof oor ‘rassistiese uitsprake’ ná rooftog

'n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

Nóg ʼn eiendomsagent wat in die sop beland het oor rassistiese uitsprake verskyn Donderdag in die Randburg-landdroshof.

Vicki Momberg se motorvenster is in Februarie stukkend geslaan deur ʼn grypdief. Sy het na aanleiding van die voorval ʼn woede-uitbarsting gehad wat deur ʼn omstander op kamera vasgelê is. Die video is wyd versprei op sosiale media.

Die video wys hoe die vrou op haar selfoon praat en die k-woord gebruik en vir iemand sê swart mense in Johannesburg is “verskriklik” en sy is keelvol daarvoor. Wanneer polisiebeamptes opdaag om haar te help, snou sy hulle toe dat sy weier om deur ʼn swart polisiebeampte gehelp te word en sê sy sal slegs hulp van ʼn wit, bruin of Indiër beampte aanvaar. Die polisiebeampte probeer haar kalmeer, maar die vrou is skynbaar te emosioneel.

Momberg het gesê dat sy erg getraumatiseerd was ná die voorval.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het ʼn klag teen haar aanhangig gemaak by die gelykheidshof. Momberg staan tereg op ʼn klag van crimen injuria.

WAARSKUWING: Kru-taal word in die video gebruik en kykerdiskresie word aanbeveel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
007

Moes seker almal bedank het vir die rooftog.

Berhalet Beukes

Dis ‘n belaglike heksejag… Ek is al menige rassistiese uitlatings toegesnou… Sou ek ‘n saak maak sal daar niks van kom nie. Dis lekker om die witmense te terroriseer, uit te tart en uit te moor en om te draai en rassisme te skree! Ruggraatlose patete!

Hennie

Die vrou was geskok en emosioneel! Ek verkwalik haar gladnie. ‘n Mens kan nêrens meer in vrede en veiligheid beweeg nie, of jy word aangeval en beroof ! Anargie!

Koos

Vra vir Adv Alberts van die VF+ vir hulp hulle voer ‘n heksejag op wit mense en ignoreer die klagtes teen swart mense vir dieselfde oortredings.

wonder ?

MRK het klag teen haar aanhangig gemaak .
maar teen pulesa sotjifa word geen klag teen haar ondersoek , rede :niemand het teen haar `n klag ingedien ??? wonder maar net hoe werk dit