Vrou in hof oor verkragting

court-hammer_thumbʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn man verkrag het, het Donderdag in die Bolobedu-landdroshof in Limpopo verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die 46-jarige vrou is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 9 Februarie uitgestel.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat sy vir die slagoffer ʼn konkoksie gegee het om te drink voor sy hom glo verkrag het,” het Ngoepe gesê. Die vrou het die 22-jarige man glo Dinsdag gevra om vir haar ʼn paar takies rondom die huis te verrig. “Sy het hom in die huis ingelok, die deur gesluit, sy klere uitgetrek en hom glo die hele aand lank verkrag.”

Volgens Ngoepe was die man se geslagsdeel die volgende dag erg geswel en is hy na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. “Hy is uit die hospitaal ontslaan en sterk by die huis aan. Hy was ernstig beseer,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kallie Calitz ·

Nie geweet ‘n vrou kan ‘n man verkrag nie. Sal nou versigtiger moet wees!!!

smile ·

“Van wanneer af kla n man as hy dit so gratis op skinkbord kan kry?”
net n joke, jammer hoop hy sterk gou aan….

Sindi ·

Ag shaaame! ‘Ernstig beseer’. Ek glo nie vrouens wat dit deurmaak het smiles op hul gesigte nie!!

Lucinda ·

alle simpatie aan di man en hoop k word gou gesond dis ni nt mans ni ma vrouens ook j verdien dit ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.