Vrou in hof vir beroepsjagter-man se dood

Chrisna van der Merwe Woensdagoggend in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Chrisna van der Merwe (40) het Woensdagoggend haar eerste verskyning in die Modimolle-landdroshof gemaak nadat sy van die moord op haar man, Botes van der Merwe, aangekla is.

Sy word onder andere deur dr. Llewellyn Curlewis, ʼn strafregkenner, verteenwoordig. Van der Merwe is verlede maand in kennis gestel dat sy aangekla word in verband met haar man se dood in Desember. Botes (46) is op 11 Desember verlede jaar dood tydens ʼn skietery in die egpaar se huis in Modimolle. Hy was ’n beroepsjagter en die eienaar van Botes Hunting Safaris.

Van der Merwe, wat sedert haar man se dood in Pretoria woon, staan ook tereg op aanklag van diefstal. Die staat voer aan sy het kort ná die moord op haar man R141 000 uit sy bankrekening na haar bankrekening oorbetaal.

Landdros Hannes Stofberg het die saak tot 17 Februarie 2020 uitgestel. Van der Merwe is op waarskuwing vrygelaat en indien sy versuim om dan in die hof te verskyn, sal ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik word. Sy mag ook nie kontak maak met die staat se 29 getuies nie.

Chrisna en Botes van der Merwe. Foto: Facebook

Van der Merwe is vanoggend deur vriendinne in die hof bygestaan. Familie van Botes, waaronder sy twee dogters uit ’n vorige huwelik, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Piet Hattingh, Botes se neef, het vroeg vanoggend uit Vanderbijlpark na Limpopo gery om die verrigtinge by te woon. Hattingh wou nie kommentaar lewer op bewerings dat die egpaar die betrokke aand ’n uitval gehad het waartydens Botes doodgeskiet is nie.

“Dit was ’n skok vir ons almal gewees. Ons is almal hier om ons ondersteuning aan die proses te bewys. Ons hoop maar die dinge sal gebeur soos ons graag wil hê dit moet gebeur en dat die regte proses gevolg sal word. Ons kan nie sê dat ons wens dat sy skuldig bevind word nie, maar ons hoop geregtigheid sal geskied.”

Volgens Hattingh het Botes se dood ’n groot leemte in die familie se lewens gelaat. “Dit is snaaks om dit te sê van ’n ou wat ’n beroepsjagter is, maar hy sou nie ’n vlieg skade doen nie. Hy het uit sy pad gegaan om almal te help wat hy kan en hy laat ’n verskriklike groot leemte, veral by sy twee dogters.”

Chrisna van der Merwe praat met haar regsverteenwoordiger, die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Een van Botes se dogters was saam met ʼn vriendin by die huis toe die skietery plaasgevind het waarin haar pa dood is.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van die Koro Creek-gholflandgoed in Modimolle het die polisie op 11 Desember omstreeks 22:00 ontbied nadat hulle skote by Guineafowlstraat 39 hoor klap het.

Botes en Chrisna is in die hoofslaapkamer aangetref. Botes is op die toneel dood verklaar, terwyl Chrisna met ’n skietwond aan haar maag na die St. Vincent-hospitaal op die nabygeleë Bela-Bela gehaas is. Sy is van daar per helikopter na ʼn Pretoriase hospitaal geneem. Botes is drie keer in sy bors en maag geskiet.

Die staat voer aan Chrisna het Botes geskiet waarna sy die vuurwapen op haarself gerig het. Twee vuurwapens is destyds op die toneel gevind. Die polisie het aanvanklik ’n geregtelike doodsondersoek gedoen voordat dit na ’n moordsaak verander is.

Lees alle vorige berigte oor die saak hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Jennifer ·

Ja nee….het nogal gewonder wat het van die ou sakie geword nadat dit net doodstil geraak het….

se maar net ·

ons almal baklei soms met die een wat ons die liefste het maar moet die ergte erg wees as jy daardie een doodmaak uit woede terwyl jy nog baie lief is vir die een

Jerry B ·

Dit was huismoles maar jy kan nie net iemand tromp op skiet of dood maak nie. Jy moet jou woede buie kan beheer. Ons almal het probleme. Maar n saak het 2 kante, laat ons kyk.

Nelis ·

Jerry B die saak het ongelukkig net een kant, want die ander kant van die saak is VERMOOR.

Michael P ·

Hoekom kan ons nooit die plaasmoordenaars se fotos so gou sien nie. Dit is altyd net die verdagtes ens.

Blommie ·

Se maar net, ek was al baie kwaad vir my geliefde en ek kan jou se die laaste ding wat ek aan dink is om hom seer te maak uit my woede uit.
Mens moet jouself LEER jou emosies beheer, emosies gaan altyd deel wees van jou lewe maak nie saak wat en waar jy gaan nie. Leer om dit te beheer mense.
Ek kon nog noot verstaan hoekom dit nodig is om selfs jou hand te lig nie. Waarvoor, omdat jy deur n bek geveg nie jou sin kry nie.

RPG ·

Legens, hier gaan jy alweer. Dit is onmoontlik om vuurwapens uit ons land uit te kry. En soos ek al gese het, dis nie die vuurwapens nie, dis die mense agter die vuurwapens.

Corne Barnard ·

Middag Almal….ek wil net se Dr Llewellyn Curlewis is ongelooflik goed en deeglik. Ek sien nog n blik toekoms vir die man
Llewellyn doen so voort!!

Heinrich ·

As vuurwapens moet waai dan ook messe en vurke,hammer,byle,die saag ens. Tot die vrou se naelfyl en die baksteen.

ES ·

Stem glad nie saam nie – dis nie die vuurwapen se skuld nie. Sy kon hom netsowel met ‘n mes doodgesteek het en niemand sou die mes blameer nie.

Ek en my gade het al baie vasgesit, maar ek het nog nooit gevoel ek wil haar skiet, of sy vir my nie.

Akademi Buktu ·

En hoe lank sal ons dan moet wag voordat messe verbied word?

Feite ·

Die oorlewende beskuldigde gaan regtig n geloofwaardige storie moet opdis oor waarom die oorledene drie keer geskiet is, want duidelik wou sy seker maak hy staan nie weer op nie!

Al ·

Dis seker waarom sy ñ swaargewig strafregkenner het vir haar verdediging.
Ons gewone mense sal seker nie sin kan maak uit haar weergawe nie.

Al ·

Enige voorwerp is gevaarlik – wanneer dit in die verkeerde hande beland.

Al ·

Dis seker waarom sy ñ swaargewig strafregkenner het vir haar verdediging.
Ons gewone mense sal seker nie sin kan maak uit haar weergawe nie.

C ·

“Twee vuurwapens is destyds op die toneel gevind” Ek praat dit nie goed nie, maar 2 vuurwapens, en dan het sy die vuurwapen op haarself gerig en in die maag geskiet. Iets klink nie lekker nie.

se net ·

Wonder as sy hom geskiet het, hoekom het sy? Sorry maar al wat ek dink is dat dit dalk uit selfverdediging kon gebeur en toe skiet sy haarself. Wat agter toe deure gebeur sal ander nie weet nie.

Liza ·

Hoe kan jy iemand anders se lewe in jou eie hande neem…….regtig
En die geld wat sy oorgeplaas het na haar rekening, gaan dit nie maar oor geld.
Geen simpatiek vir haar nie, hoop geregtigheid sal seevier……

Maria ·

Dit wat ek ook opgelet dit oor GELD. antwoord op moord polisie agtergekom.

Dwaas ·

@legens, gaan slaap man, mense soos jy is clueless. Messe maak ook dood, sal ons dit verban? Enige iets kan ‘n wapen wees… Die ding tussen jou ore is duidelik baie gevaarlik. As sy hom wou dood hê sou sy ‘n manier gekry het.

Sê net ·

Hoor hoor! Dis sommer twak die dat net vrouens en kinders in die oë van die wet verniel kan word. Daar is manne wat ly daar buite.

Lone Ranger ·

Nee wat dankie! Bly maar op my eie! Nie meer lus vir huismoles nie…..

Nikki ·

Lone Ranger ek stem 100% saam met jou! Dit werk vir my ook.

Mariaan ·

Selfverdediging dalk? Soms neem jaloesie oor…n 3de party..als word net te veel…dan bars die bom!! Mens sal nooit regtig weet wat in so situasie gebeur het nie…en tog so mooi paartjie gewees…ai

Schalla ·

Ag asseblief! Dis nie die wapen (of dit nou ‘n geweer, ‘n mes, ‘n krieketkolf, ‘n koekroller, ‘n pan, ‘n sker, of iemand se kaal hande is) wat iemand doodmaak nie – dis die moordenaar!

Gaitsigubib ·

My vrou het al van haar resepte as wapen teen my gebruik. As my gestel nie sterk was nie het ek al meer as een maal gesneuwel.

Lindtjies ·

Dit het net te maklik geword om iemand dood te maak. Wat het geword van die 7 sakke sout opeët.
As dit nie iemand is wat haar man doodry nie is dit iemand wat haar man doodskiet of ‘n man wat sy vrou agter ‘n badkamer deur ophang en dit na selfmoord laat lyk. En vir wat? Net om agterna jou lewe in die tronk te gaan deurbring.

jakes ·

Curlewis is n puik regsman met n blik toekoms wat hopelik nie in n blik wurms verander nie. Lol

LHS ·

Geen persoon skiet homself in die maag nie, forensies sal baie gou kan uitwys teen wat se hoek dit deur haar is.

Donald ·

Jy sal verbaas wees wat mense sal doen wanneer hul tot hul sinne kom en besef wat hul gedoen het. Maar dit alles spekulasie…

jaco ·

Dit was ‘n huisroof, maar nou ja, dis nie polities korrek om die ware moordenaar te soek, te vang en te verhoor en te straf nie. Wit mense tel mos nie meer as ware landsburgers in ons regstelsel nie. So ja, volg maar weer die maklikste uitweg: blameer die naaste wit naasbestaande. En waarom mag sy nie geld uit sy bankrekening trek nie? Hy is dan dood en sy is tog sekerlik ‘n erfgenaam.

Susan ·

Watter huisrower gaan TWEE wapens los. Seker nie van die maak of kaliber gehou nie….
Jy mag nie geld onttrek al is jy ‘n ergenaam. Dit word deel van die boedel (en as daar boedel belasting moet wees moet dit op daardie bedrag ook betaal word).

Sê maar net. ·

Jaco dit was verseker nie n huisroof. Ken albei partye. Huwelik maar meeste van die tyd stormagtig gewees en geld het hier beslis n groot rol gespeel. Een van sy dogters was daardie aand in die huis toe dit gebeur het. Hier is deeglik speurwerk gedoen voordat n arrestasie gemaak is. Vir sy dogters se onthalwe hoop ons geregtigheid geskied.

Gaitsigubib ·

Jaco die dros verkragter is seker ook dan onskulding? Nee wat, Susan maak sin, maar jou oordeel is soos gewoonlik beinvloed deur ander faktore. Ek hoop nie jy is in wetstoepassing nie.

Stil Bek ·

Party vroue skiet met ‘n geweer………………….ander skiet met die tong! Laasgenoemde is baie meer uitmergelend!

PJC ·

Duidelik bevind hierdie dametjie haarself in diep moeilikheid. As daar egter een persoon is wat haar moontlik daar kan uitkry is dit dr. Curlewis.

Ralph ·

Nou laat my kennis my in die steek. Normaalweg word beskuldigdes van moord in hegtenis geneem en moet dan om borgtog aansoek doen. Hierdie word beskuldigde net in kennis gestel van hofsaak en sonder enige borg gelde net met vermaning laat weet om weer Februarie 2020 in hof te wees. Doodskis 2 en Coligny 2 in hegtenis geneem en ons weet wat was die uiteinde van die sake.

Wonder maar net ·

Hoekom is sy nie agter tralies nie? Ontvoerders sit agter tralies

Asseblief! ·

Nou antwoord my asb Gaitsigubib, waarom bly jy dan by haar? het sy dalk geld? of sorg sy vir jou? glo my, as my man of vrou dit met my doen, is ek weg…… klink my jy llieg

Jerry A ·

Oscar se vroulike weergawe. Ja toe dis mos net mans wat vroue dood maak, kyk nou so ne

Jessica ·

Geen genade vir sulke gevalle nie, as jy jou geliefde so kan dood maak, sit maar lewe lank in die tronk, jy het dit op jou self gebring niemand anders nie. Jy was geld geurig ook daar op, geld is evil nie alles in die wereld nie.

Attie. ·

Ek was nie daar nie en ek is nie baie slim nie maar wanneer jou vrou jou begin skiet is jy nie regtig so onskuldig nie. Iets het gebeur en sy het ook ‘n storie om te vertel. Eem ding wat ek hierdeur leer is dat jy nooit ooit jou vrou leer skiet nie. Daar bestaan nie ‘n man wat nie ‘n vlieg skade sal aandoen nie, eks ‘n goeie ou en slaan die vliee dood by die hope.

Attie. ·

My eie vrou het nog nooitaan skei gedink nie maar aan moord, talle kere, en elke slag was ek skuldig.

Jenny ·

Dit kan dalk agv abuse wees. Veral verbal abuse. Ek stem daar is ‘n storie agter die storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.