Nadat ʼn vrou Sondag in Mpumalanga in hegtenis geneem is omdat sy na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor, kyk die polisie ook nou meer in diepte na die moord op haar vorige man.
Maria Ferreira (53), ʼn inwoner van Ponta do Ouro in Mosambiek, het vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn nadat sy Sondag in hegtenis geneem is. Maroela Media het vroeër berig Ferreira het na bewering ʼn polisiebeampte R20 000 betaal om haar man, Carlos Ferreira (55), te vermoor.
Toe sy Sondag die geld aan die beampte oorhandig, het beamptes van die Valke toegeslaan en haar net daar in hegtenis geneem.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom Ferreira is nou vir ʼn derde keer getroud. “Haar tweede man, Allen Hepburn (42), is op 5 Februarie 2012 voor hul huis in Bronkhorstspruit met ʼn mes doodgesteek terwyl hy besig was om ʼn voertuig se band om te ruil,” het Sekgotodi gesê.
“Die saak word steeds ondersoek. Daar sal nou deeglik ondersoek ingestel word of Hepburn se dood wel ʼn moord was of moontlik ook ʼn huurmoord.”
Sy het gesê Ferreira sal in polisie-aanhouding bly totdat sy volgende Maandag weer in die hof verskyn.
Ai ai Delila..Delila…..
En haar eerste man?
Was sy voor Alan met iemand anders getroud?
Die wiel draai, lekker polis geld gekry, eerste vrou gesterf agv giftige sampioene, tweede vrou agv skedel breek, sy het geweier om dit te eet.
Haha, baie skerp Scalla
Hoogtyd. Ons almal is trots dat die polisie ook die Hepburn moord ondersoek. Geregtigheid sal geskied!
Hoe kan n mens proberr om n lewe te neem n mens het immers n gewete daisy de melker klink dit my
Sjoe dis darem wreed regverdiheid sal geskied tweede daisy de melker!!!!
Hooptelik jan ons familie na hierdie saak rus in vrede kry wat eintlik daardie dag gebeur het