Vrou in hof vir ‘huurmoord’: Vorige man ook vermoor

Maria Ferreira voor die polisiestasie kort nadat sy in hegtenis geneem is. Foto: Valke

Maria Ferreira voor die polisiestasie kort nadat sy in hegtenis geneem is. Foto: Valke

Nadat ʼn vrou Sondag in Mpumalanga in hegtenis geneem is omdat sy na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor, kyk die polisie ook nou meer in diepte na die moord op haar vorige man.

Maria Ferreira (53), ʼn inwoner van Ponta do Ouro in Mosambiek, het vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn nadat sy Sondag in hegtenis geneem is. Maroela Media het vroeër berig Ferreira het na bewering ʼn polisiebeampte R20 000 betaal om haar man, Carlos Ferreira (55), te vermoor.

Toe sy Sondag die geld aan die beampte oorhandig, het beamptes van die Valke toegeslaan en haar net daar in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom Ferreira is nou vir ʼn derde keer getroud. “Haar tweede man, Allen Hepburn (42), is op 5 Februarie 2012 voor hul huis in Bronkhorstspruit met ʼn mes doodgesteek terwyl hy besig was om ʼn voertuig se band om te ruil,” het Sekgotodi gesê.

“Die saak word steeds ondersoek. Daar sal nou deeglik ondersoek ingestel word of Hepburn se dood wel ʼn moord was of moontlik ook ʼn huurmoord.”

Sy het gesê Ferreira sal in polisie-aanhouding bly totdat sy volgende Maandag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Scalla ·

Die wiel draai, lekker polis geld gekry, eerste vrou gesterf agv giftige sampioene, tweede vrou agv skedel breek, sy het geweier om dit te eet.

Burger ·

Hoogtyd. Ons almal is trots dat die polisie ook die Hepburn moord ondersoek. Geregtigheid sal geskied!

Charmaine Coetzee ·

Hoe kan n mens proberr om n lewe te neem n mens het immers n gewete daisy de melker klink dit my

Charmaine Coetzee ·

Sjoe dis darem wreed regverdiheid sal geskied tweede daisy de melker!!!!

Tobie Hepburn ·

Hooptelik jan ons familie na hierdie saak rus in vrede kry wat eintlik daardie dag gebeur het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.