Vrou in hof vir moord op twee kinders

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Vrou (29) sal na verwagting Donderdagoggend in die landdroshof in Vereeniging in Gauteng verskyn nadat sy in hegtenis geneem is in verband met die moord op twee jong kinders wat verlede maand in Orange Farm in die suide van Johannesburg vermis geraak het.

Die polisie het nou bevestig die betrokke vrou is enkele dae voor die moord op dié twee kinders uit aanhouding vrygelaat nadat sy in April in hegtenis geneem is vir die moord op ’n ander kind.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte is op 25 September byna ’n week ná die dubbelmoord in Orange Farm in Soweto in hegtenis geneem.

“Die verdagte sou Maandag in die hof verskyn, maar dit is tot vandag uitgestel nadat sy hospitaal toe geneem moes word vir mediese hulp,” sê Peters.

“Die polisie kan in hierdie stadium bevestig dat dit dieselfde verdagte is wat in April in hegtenis geneem is vir die moord op ’n ander kind, ’n sewejarige seun wat haar buurman was, nadat dié kind se lyk in haar huis gevind is.

“Die seun is vroeër die dag op 15 April as vermis aangemeld en die soektog het polisie na die vrou se huis gelei waar die liggaam van die kind gevind is. Die vrou en haar lewensmaat is albei in hegtenis geneem hoewel die aanklagte teen die lewensmaat teruggetrek is.”

Volgens Peters is dié moordsaak tydelik in die hof teruggetrek hangende die uitslag van die toksikologieverslag. Die vrou is op 16 September, drie dae voor die moord op die twee kinders in Orange Farm, uit aanhouding vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig dié kinders, onderskeidelik ses en agt jaar oud, se liggame is op 19 September ’n paar meter van mekaar in ’n straat aangetref enkele ure nadat hul ma (24) hulle in die vroeë oggendure as vermis aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

En so faal die ANC 30% gedrewe regstelsel alweer. Vrygelaat na moord op een kind net om nog twee te vermoor. ANC, julle is duidelik intellektueel gestrem.

Erita

Stom geslaan dat dit kan gebeur, iewers moet meer as een persoon wat kinders moes beskerm aangekla en vervolg word vir growwe nalatigheid

Casper

As ek reg onthou is hulle die vorige aan om 19:00 lewend gesien toe hulle ‘n haarsalon verlaat het.Hoe kon die ma nie agterkom haar kinders is nie tuis nie maar meld hulle in die vroeë oggedure aan as vermis.Dit was glo ek beplan.Opvallend dat hulle liggame gevind word enkele ure na die ma hulle as vermis aangegee het.

Sarel

My Dooie Donderdag wie het haar vrygelaat

koos10

As jy na CR luister, dan is dit mos net mans wat vroue en kinders aanrand of moor.