Vrou in hof vir sakeman se moord

Hennie en Martie Kruger. Foto: Facebook.

Hennie en Martie Kruger. Foto: Facebook.

Martha (Martie) Suzan Kruger (47), het Dinsdag in die Barberton-landdroshof verskyn nadat sy Maandag glo haar man, Hennie Kruger, in Malelane, Mpumalanga doodgeskiet het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, besit die egpaar hul eie onderneming, Kruger Makelaars. Die kantoor is naby aan hul huis geleë.

Hennie, in sy laat 50’s, was ʼn bekende sakeman in die dorp.

Martie en Hennie was omstreeks 16:00 by hul huis toe hulle glo in ʼn woordewisseling betrokke geraak het. “Dit is in hierdie stadium onduidelik waaroor die egpaar baklei het,” het Mohlala gesê.

Die bure het glo ʼn skoot gehoor waarna hulle Martie die huis sien verlaat het met twee vuurwapens in haar hande. Hulle het die polisie ontbied.

Die polisie het Hennie in ʼn plas bloed in die huis aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Martie is dadelik in hegtenis geneem en van moord aangekla,” het Mohlala verduidelik. Volgens hom is Martie op borgtog van R5 000 vrygelaat op die voorwaarde dat sy haar paspoort inhandig. Haar saak is tot 9 Junie uitgestel, en gaan in die rondgaande hof in Malelane voorkom.

Lees ook:
Sakeman glo deur vrou doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

bets ·

Daar moes iets drasties gebeur het, n mens skiet nie vir die lekker nie

Shannon ·

Ja nee beslis. Dis mos nou `n vrou wat gemoor het. So daar moet dus `n rede wees vir haar kriminele optrede. Die drastiese ding waarna jy verwys .. is dit nou die argument ?

Anon ·

Ek stem, maak nie saak of jy n vrou of man of kind is nie, moord bly moord. Net snaaks hoe baie vroue “los” kom as hulle moord pleeg. Nie nou so lank terug nie was daar n geval in Middelburg MP, wat die vrou haar man laat vermoor het. Ek persoonlik het nog niks verder gehoor wat daar gebeur het nie, maar laas toe ek gehoor het is sy ook op borgtog. Blykbaar het sy ook rede gehad. Nou wonder ek so by my self, as Reeva nou vir Oscar geskiet het? Dan het sy vry los gekom. Want daar was mos n argument. MOORD bly MOORD! Die vrou moet maar haar “pak” vat soos n man. Geen argument is so groot dat JY moet moor nie. Sorry geen simpatie vir haar of enige vrou wat moor nie.

kas viljoen ·

Oscar het gewys dit is geregverdig dus is dit die oplossing blyk dit te wees

Henriette ·

Wat die joos gaan met die mensdom aan, dit is net moord, doodslag en verkragting!

Peter Says ·

Daar is baie gevaarlike dames daar buite. Net n klein vonkie, en dan ontplof alles.

Elizabeth ·

Ja… wat sal mens se? Ek was nie daar en kan dus nie se wat aanleiding gegee het nie- daarmee maak ek nie verskoning vir die daad nie, geensins. Daar is altyd 2 kante aan ‘n saak – of nee, hulle se mos 3 kante, sy kant, haar kant en die waarheid (in die geval nou nie juis sy kant nie, maar nou-ja…). Mens kan ure, dae en jare redeneer oor die tipe van ding. Wat ek eintlik wou weet – gaan daar ook spesiale tv-kanale oopgemaak word vir hierdie verhoor?

leana ·

Goeie vraag Elizabeth ! Aan die anderkant, hy is nie ‘n hoe profiel soos Oscar nie !

frank passano ·

En nog steeds behandel almal hom as n klein godjie. Die man is skuldig mense!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.