Vrou in hof wat glo man wou laat vermoor

Petina en Austin Coetzee. Foto: Facebook

Petina en Austin Coetzee. Foto: Facebook

Petina Coetzee (44), wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn huurmoordenaar betaal het om haar 67-jarige man te vermoor, sal na verwagting Vrydag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Coetzee van Kenilworth word daarvan beskuldig dat sy ʼn huurmoordenaar R200 000 aangebied het om haar man van die afgelope nege jaar, Austin Coetzee, te vermoor. Sy is in Oktober by die Landsdowne-treinstasie in hegtenis geneem kort voordat sy na bewering ʼn onbekende bedrag kontant aan die huurmoordenaar sou oorhandig.

Coetzee is vroeër op borgtog van R30 000 vrygelaat. Haar borgtogvoorwaardes behels onder meer dat sy haar elke dag by die Elsiesrivier-polisiestasie moet aanmeld en met geen staatsgetuies mag kontak maak nie. Sy moes ook haar paspoort inhandig en mag nie die Wes-Kaap verlaat sonder die ondersoekbeampte se toestemming nie.

Volgens berigte het Petina drie kinders, onder wie ʼn driejarige seun saam met Austin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nico ·

Weereens ‘n bewys dat dit gevaarlik is om te trou ! En dit is baie gevaarlik om te leef, hmmm.

Cherokee ·

Rakende die tweede deel van jou stelling Nico, wat stel jy voor as alternatief?

Magda ·

Die mans maak net soveel hul vrouens ook dood. Daar is ‘n hele paar in die nuus.

Cherokee ·

‘n Onbekende bedrag geld sou sy betaal het. Wonder of sy die kontrakteur om ‘n waarborg gevra het of wat sy sou gedoen het as hy net weggeraak het met die geld. Seker maar by die verbruikersraad (of “hello Peter’) gekla het.

Verıtas ·

Wıl mos vır my voorkom asof daar ‘n nuwe mode ın Suıd-Afrıka posgevat het. Ek sıen al dıe advertensıeborde vır entrepreneurs: ‘Al te lank gewag vır jou erfporsıe? Moeg vır sy of haar nonsens? Soek jy ‘n nuwe lewensmaat? Ons kan jou help. Kontak Jack (The Rıpper) by 092… …. Mededıngende pryse en tevredenheıd gewaarborg. Pasop vır amateurs, hulle word te maklık gevang en dan sıt jy met dıe gebakte pere.’

Katryn ·

Dit is hartseer. Hy is amper reeds tussen 80 en hemelvaart. As sy net ‘n rukkie langer gewag het sou hy self gegaan het.

charmaine ·

Mense leer ook nie, jy gaan gevang word, punt! En wil jy nou regtig met jou gat in SA se tronk gaan st? as jy iemand vermoor/laat vermoor wat baat jy dan daarby? Skei eeder en niemand kry seer nie (nie dood nie en ook nie bloed aan jou hande) regtig en duidelik het sy nie aan die 3jarige kind gedink nie wat sou nou met die kind gebeur het? DOM!

Leon ·

Ek moet se as my vrou my wil laat vermoor sal dit nogal ‘n demper vir ‘n ruk op ons huwelik plaas as ek dit uitvind.

Cherokee ·

Leon, (dankie vir ‘n hard lag) en toe wonder ek waar sy woon na sy op borgtog vrygelaat is. Dink jy sy woon by haar huis? En haar hubby? Sou hy ook daar wees? ‘n Ander lag in die kommentare was vir diè van Magda wat soort van verskoning soek vir die vrou. :-)

Alida ·

Dom mense moet vir hulle kry. Nog een wat nog NOOIT van die skeihof gehoor het nie. Shame !!! Legal Aid doen dit verniet as jy nie geld het vir ‘n prokureur nie.

Magda ·

Dit gaan nie oor skei nie. Sy erf geld het haar hande gebrand sy kon nie langer wag daarvoor nie, of so het sy gedink. En dan het hulle saam ‘n 3 jarige kleintjie. die arme kind!

C ·

Ag shame, ek hoop net hierdie Pappa van 67jaar kom reg alleen met sy 3 jarige woelwater. Om op 65 Pa te word wil gedoen wees.

Werklikwaar ·

Werklikwaar Petina ek het nie woorde nie, dit is mos nou skoon hupsgeit agter geld aan dat jy met die Omie gaan trou het, dan kry jy nog alibi om nie tronk toe te gaan ‘n baba by die man. Jy het nie vir een oomblik aan jou 3 jarige gedink nie, hy is mos net die guarentee om nie tronk toe te gaan nie, jammer regstelsel sy moet ook maar gaan sit soos al die ander wat hul vroue doodmaak of reel om dood te maak. Hierdie man het jou met sy lewe vertrou en was heel waarskynlik net goed vir jou, as hy jou irriteer omdat hy ouer is, moenie vergeet dit was jou keuse, ek het GEEN respek vir jong vroue wat vir finansiele gerief mans belieg en dan nog vermoor of laat vermoor.

tammy ·

Hoe kon die ou man ooit gedink het die vrou trou nie net vir alles wat sy kon “versamel” uit n huwelik met hom nie? Of het sy hormone weg gehardloop met sy verstand? Ag nee, my oom, volgende keer moet jy liewers di e ogies oopmaak. Vir haar die boodskap: slim het sy baas gevang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.