Vrou in hof wat haar glo as spesialis voordoen

Sonnet-Mari Brand (Foto: Verskaf)

’n Vrou het vandeesweek in die hof aan die Oos-Rand verskyn nadat sy na bewering geruime tyd lank as pulmonoloog (longspesialis) gepraktiseer het – dít glo sonder enige kwalifikasies.

Sonnet-Mari Brand staan nou tereg op aanklag van bedrog asook die oortreding van die Wet op Gesondheidsberoepe.

Eric Mphaphuli, bestuurder by die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) se inspeksiekantoor, sê dié kantoor het vroeër in samewerking met die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie in Ekurhuleni-Oos en die Springs-polisie op Brand se praktyk in Springs toegeslaan.

“Die span het ontdek dat Brand sonder enige kwalifikasies as spesialis-pulmonoloog praktiseer en nie by die RGB geregistreer is nie. Daar is ook bevind dat sy bedrieglike voorskrifte vir skedulemedikasie aan pasiënte uitgedeel het.”

Daar is verder vasgestel dat Brand in April van Kaapstad na Springs verhuis het waar sy twee mediese praktyke het, een in Derde Straat en die ander in Nigelweg in Springs. Albei praktyke is egter daarna gesluit.

“Brand voer aan dat sy konsultasiewerk by die Verre-Oos-Rand-Hospitaal en ná ure-huisbesoek gedoen het.”

Brand is in hegtenis geneem en Maandag op borgtog van R4 000 in die Springs-landdroshof vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Krista ·

Ek sal graag wil weet hoe lank sy “geprakriseer” het en hoe dit in die lig gekom het dat sy nie die kwalifikasies het nie????
Klink of sy wel baie oortuigend moes wees om 2 praktye te kon hê, konsultasie werk by n hospitaal en nogals huisbesoek te doen.

Oudste ·

As sy gedoen het wat beweer word, sluit haar toe en gooi weg die sleutels.

Mariana ·

Wonder hoeveel van hulle nog daar buite rondloop. Pretenders.

Nella ·

Dalk is sy nog beter as van die mense wat ‘n Universiteitsgraad het. (Moet my nie verkeerd verstaan. Ek praat dit nie goedd. Ek noem dit maar net)

Wonder net ·

Nou wonder ek….die hospitaal waar sy gekonsulteer het, hoe het hulle hulle huiswerk gedoen, en hoe het sy die “back ground check” en die check by die RGB gepass? Word daar nie ‘n check gedoen op alle dokters voor hulle medies beoefen nie, of het die persoon wat die check gedoen het, ook homself as iemand anders voorgedoen, want duidelik het iemand nie sy werk gedoen nie. En, voordat sy ‘n praktyk kon oopmaak, moes sy ook eers deur al die kanale gegaan het, en al die checks gedoen het. Jy maak nie ‘n praktyk oop soos jy ‘n “toffie” shop oopmaak nie.

Moedeloos ·

Ek het dieselfde gedink terwyl ek die berig lees. Jou praktyknr ens moet tog iewers verskyn. Het mediesefondse dit nie opgetel nie of het sy net nie-fonds lede behandel?

Rentia ·

Skande… Hoeveel geld het jy in jou sak gesteek hiervoor!? Wie het die vrou uiteindelik uitgevang? Dalk eerder hoeveel pasiënte het hulle lewe verloor deur die vrou?

Tolletjie ·

Al haar “pasiënte” wat voorskrifte ontvang het, hoort poging tot moord klagtes teen haar te maak. Sonder behoorlike mediese kennis en kwalifikasies kan jy iemand se dood veroorsaak as jy links en regs medikasie voorskryf.

LiveAndLetLive ·

Hoe op dees aarde kry sy dit reg?
Sal die volle verhaal graag wil lees, wat is haar agtergrond, hoe het hulle haar ontbloot?

Gogga ·

Wonder hoeveel moes pasiente “hoes” vir ‘n konsultasie….

Anel ·

Hoe skelm kan mense tog wees. Om nue te praat van speel met mense se lewens nie!!!

Janine ·

Ek neem aan die vrou het haarself goed van haar taak gekwyt, want hoe anders het sy TWEE praktyke gehandhaaf? Wonder of sy wel medies studeer het, en te ‘lig’ was om pos te kry? Jy kan tog nie net besluit jy gaan ‘n long spesialis word nie?

Cherokee ·

Sjoe! Sy’s ‘n entrepreneur met genoeg verbeelding om dit nie sommer ‘n hierjy joppie te maak nie.

Jaco ·

As jy wit is en jy kry keer op keer nie werk nie NET omdat jou velkleur “verkeerd” is, WAT moet jy dan doen? Ek het ook gelieg op my CV sodat ek weer kon werk kry. Ek het 2 universiteitsgrade afgehaal van my CV, 1 jaar militêre diensplig na 2 verander en 4 jaar op universiteit verander na 3. My CV sê bloot oor daardie 3 jaar “studied at university”, maar niks oor wat ek bereik het nie. Vreemd dat ek deur “dom” te lyk toe wel ordentlike langtermyn werk gekry het. Maar ek sit met jare se skuld wat dateer uit my werklose jare waarin ek eerlik was oor wat ek gestudeer het.
Eks bitterlik jammer vir ons mense wat sukkel om werk te kry net oor ons velkleur “verkeerd” is. Waar gaan dit alles eindig? Wanneer ons almal eendag werkloos is, wat dan???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.