Vrou in hof wat polisiebeampte glo in sel vermoor

tronksel

Argieffoto.

ʼn Verhoorafwagtende gevangene wat na bewering ʼn polisiebeampte in ʼn sel in die KwaMhlanga-polisiestasie in Mpumalanga vermoor het deur haar kop teen ʼn muur te slaan, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Gugu Msiza (32) het op aanklag van moord in die hof verskyn. Die saak is tot 11 September uitgestel om Msiza die geleentheid te gee om regshulp te bekom. Sy sal na verwagting tydens haar volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Msiza was Saterdag in die polisiesel aangehou toe die voorval gebeur het. “Msiza het ʼn reeks ander aanklagte teen haar insluitend aanranding van ʼn polisiebeampte, twee aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en verset teen inhegtenisneming,” het Hlathi gesê. Hy het gesê sy sal Donderdag op hierdie ander aanklagte in die hof verskyn.

“Lt.kol. Sibongile Vilakazi (48) en ʼn kollega het Saterdag Msiza se sel besoek om hul normale pligte uit te voer. Volgens die polisie se voorlopige inligting het Vilakazi buite die sel Msiza se naam geroep, maar daar was geen antwoord nie. Vilakazi het in die sel ingegaan om ondersoek in te stel toe Msiza haar na bewering oorrompel het,” het Hlathi gesê.

Hy het gesê Msiza het Vilakazi glo aan haar nek gebyt en haar kop verskeie kere teen ʼn muur geslaan. Vilakazi kon daarin slaag om na die kombuis te loop waar sy inmekaargesak het. Sy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Wonder hoe behandel hierdie geweldadige vrou haar kinders?

Siels ·

Dalk lees ek n ander berig, want ek sien niks dat sy n ma is en of kinders het nie. Ek wonder hoe luister jy na jou kinders

Bokram ·

Die saak is uitgestel sodat die moordenaar die kans kry om regshulp te bekom,maar sy is skuldig want sy het die polisie beampte vermoor,Die reg stelsel maak nie altyd sin nie vir my nie

Pietr ·

Maak nie saak wat die geval is nie, dis menslike reg om tyd te kry vir regshulp. Al is daar n video waar jy moord pleeg, moet die staat eers jou tyd gun, anders word daar n maand in gesê hulle het nie tyd gehad nie ens en dan word die saak uitgegooi.

Lee ·

Sy is siek en ‘n gevaar vir die samelewing. As sy so maklik ‘n beampte kan vermoor wat van die ander vrouens in die trunk wat daar is vir klein misdade? Hulle moet haar maar heel eenkant hou.

Sel gevaar ·

So geskok, ek hoop regtig sy word nie op borg vrygelaat, die staatsaanklaer sal die koelbloedige moord beslis gebruik teen borg. Ek voel werklik jammer vir die Lt kolonel wat so moes sterf, dit moes ontsettend gewees het, ek wil net vra wat het die assistent gedoen om dit te stop, ek weet dit gebeur vinnig want die persoon het alles haarfyn beplan en die beamptes het niks vermoed. Sulke tye moet daar doodstraf wees. So ook aan die nuttelose moorde op geliefdes, kinders, boere – ek wil amper sê op kinders en ouers mense moet jy nie eers in aanmerking kom vir borg, dit is alles beplande wrede aanvalle op klein kindertjies (babas en 3/4 5 jariges) wat weerloos is en ou mense, veral op die klein hoewes en plase, van die arme mense is al oor 70/80. Hierdie 2 groepe hou mos GEEN gevaar in, hoekom hulle martel / verkrag en vermoor.

Se maar net. ·

Sy hoort in n psigiatrise inrigting! Nie in n tronksel nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.