Vrou in huis oorval, geskiet

Argieffoto: ER24

ʼn 30-jarige vrou is Woensdagmiddag ernstig beseer toe sy in Walkerville, Gauteng, geskiet is. Sy is glo in haar huis in Eeufeesweg oorval en geskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is saam met beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy asook die polisie ná die aanval na die huis ontbied.

By paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vrou ernstig beseer in haar huis aangetref. Meiring sê sy het verskeie skietwonde opgedoen. Sy is in haar been, rug en buik geskiet.

“Die vrou is op die toneel behandel voordag sy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Sy was in ʼn kritieke toestand,” sê Meiring.

Meiring sê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie.

Die polisie ondersoek tans die saak.

Maroela Media het ’n navraag aan kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gerig en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Jy kan geteiken word op enige plek.In jou huis,by die mall,in die KFC, by die bank of by die BP terwyl jy petrol ingooi.Jy is nerens veilig nie.Wees versigtig en altyd bedag vir enige verdagte mense,groeppies ens.Wees gereed om jouself en familie te kan beveilig.Ongelukkig is dit die SA waarin ons nou leef.Ek is nou dankbaar vir ALLES wat ek geleer het in die weermag in die ou SA.

Sarel

Minister Cele moet verslag doen oor wat hy gaan doen oor die misdaad in die land

my opinie

Sjoe dis erg in Suid Afrika……