Vrou aan die brand gesteek, in huis toegesluit

Kloof in KwaZulu-Natal. Foto: Google Earth

Kloof in KwaZulu-Natal. Foto: Google Earth

ʼn Vrou is ernstig beseer toe sy in haar huis in Kloof naby Durban in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is.

Die vrou is oor die naweek in haar huis in Old Mainweg aangetref. Paramedici het haar dadelik ondersoek en behandel,” het Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, Maandag gesê. “Die vrou het ernstige brandwonde oor 90% van haar lyf opgedoen.”

Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoer, het die voorval bevestig. Volgens Zwane is die 32-jarige vrou vermoedelik aan die brand gesteek en in haar huis toegesluit. “Die rede vir die aanval is nog onbekend,” het Zwane gesê. “Die Pinetown-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.  Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.