Vrou in huis vasgebind, beroof

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn 48-jarige vrou, haar huishulp en tuinwerker is Maandag by die vrou se huis in die Piketberg-omgewing, Wes-Kaap, vasgebind en beroof.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het Bronwyn Wright die oggend twee mans in Malmesbury gaan haal om die dag by haar huis in Koringberg te werk.

“Een van die mans het omstreeks 12:50 die perseel verlaat en die hek oopgelos. Drie onbekende gewapende mans het toe die perseel binnegestorm en Wright, haar huishulp en tuinwerker vasgebind,” sê Swartbooi.

“Die verdagtes het die vrou se huis geplunder en onder meer kontant vanuit ʼn kluis in een van die kamers gebuit. Hulle het daarna in ʼn voertuig wat op die perseel gevind is op die vlug geslaan.”

Swartbooi sê die motief vir die aanval is roof.

“Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie in Moorreesburg ondersoek ʼn klag van huisroof.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henri ·

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het Bronwyn Wright die oggend twee mans in Malmesbury gaan haal om die dag by haar huis in Sonderendstraat in Koringberg te werk.

“Een van die mans het omstreeks 12:50 die perseel verlaat en die hek oopgelos. Drie onbekende gewapende mans het toe die perseel binnegestorm en Wright, haar huishulp en tuinwerker vasgebind,” sê Swartbooi.””

Was die twee mans wat sy opgelaai het deel van die roof? Die artikel maak nie weer melding van hulle na die een by die hek uit is nie.

Harley Davidson ·

Mense het nou twee keuses doen jou eie werk of staan ‘n goeie kans om beroof en vermoor te word.

Moedeloos ·

Onthou dit kan soms bouwerk en ander tipe werke wees wat jyself nie kan doen nie. Dan het jy kundiges nodig. Maar ja dit is n groot risiko deesdae om iemand op jou erf te hê.

Robert ·

100% korrek. Die wat jy daar oplaai is kundiges op ń ander gebied!!!

Cindy ·

Ja nee kyk. Ek kan hoeka nie verstaan hoekom mense nog vreemdelinge in hul huise en tuine toelaat om te werk nie..

Danie ·

Stem geen huishulp en tuinwerker dit is waar alle diefstal en ewel begin

jeff ·

Die beste veiligsheidhek op die aarde is net as goed soos die hand wat maak die hekkie toe.

SjN ·

Piketberg nou baie in die nuus weens negatiewe gebeure, verseker n inside job.

Swerwer ·

Wanneer gaan daar geleer word dat niemand vertrou kan word nie. Hierdie is geslis gerëel na sy hul opgetel en na haar huis geneem het. Wens die mensdom wil wakker skrik.

Duck ·

Of jy nou oud of jonk is, lui of fluks is, dit is voorwaar nie meer die moeite werd om iemand van die straat af te huur om jou werk vir jou te kom doen of om vir jou te kom help nie. Dis is amper asof jy adverteer wat jy het en dan kom hul vir “shopping” en ons lewens is nie meer ‘n sent vir hul werd nie.
Doen dit self en hou op om iemand te kry om dit vir jou te doen, ek weet daar is heel onskuldige betroubare hulp daar buite, maar jy het nie ‘n kristal glas om te sien wie wat is nie. Wees maar net gereed en doen jou eie werk, al vat dit 10 keer langer, jy sal 10 keer bly wees jy het dit self gedoen as jy klaar daarmee is.

Niklaas ·

Die 48 jarige vrou moet haar seëninge tel en dankbaar wees. Dinge kon baie erger verloop het in haar huis !

Veronika ·

Mense leer eenvoudig nie om padsitters op te laai om vir hulle te kom help vir n dag nie! Klink maar vir my of dit n gereelde affere is!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.